News

Trokdrywer op Loskopdam-pad gekaap

In wat blyk ’n kaping kan wees, is ’n trokbestuurder vanoggend op die Loskopdam-pad naby Middelburg aangerand en langs die pad afgelaai.

Volgens inligting op die plaaslike Traffic Alert WhatsApp groep gedeel is, het die voorval tussen 07:15 en 07:30 in die rigting van Loskopdam plaasgevind.

Dit is ’n nuwe wit Isuzu 14-ton trok met blou seile.

Die trok is intussen langs die pad gevind met die enjin wat steeds loop. Die vermeende kaper het reeds gevlug.

Trokdrywer gekaap op Loskopdam-pad
Foto: Beeldmateriaal skermskoot.

Daar is aanmekaar berigte op die groep geplaas oor waar die trok gesien is.

Teen 08:30 is bevestig dat die beseerde bestuurder naby Buksies area afgelaai is, nadat hy volgens die inligting, aangerand is.

Die aard van sy beserings is nie bevestig nie.

Dit is nog onduidelik of enige verdagte aangekeer is.

Motoriste en inwoners in die omgewing is deur die groep versoek om waaksaam te bly en enige verdagte beweging by die polisie aan te meld.

KYK | https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7624055882598501648?is_from_webapp=1&sender_device=pc

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button