Harte klop warm vir twee hengelaars, visse werk nie saam nie
Twee met viskoors oorweldig deur gemeenskap se goedhartigheid.
Die twee 16-jarige hengelaars wat op ’n straathoek gaan staan het om geld in te samel, sodat hulle die Paasnaweek kan gaan hengel, is verstom deur die gemeenskap se goedhartigheid.
Ongelukkig wou die visse nie saamwerk nie.
Gerhard Schoombee en John Fullard het Woensdag in Lillisn Ngyistraat met bordjies gestaan wat sê “need money for fishing”.

Nadat ’n berig oor die twee met viskoors gepubliseer is, het Ian Venter vinnig reageer met ’n boodskap “kom na Lucky Fish” by die Wonderpark Sentrum.
“Praat met Chris en Jacques.”

Hulle het Donderdagmiddag opgewonde laat weet dat hulle genoeg ondersteuning gekry het om lyne te gaan nat maak by Middelburgdam.
Ongelukkig wou die visse nie saamwerk nie en hulle kon net twee klein swartbaars vang.
Die twee HTS Middelburg leerlinge sou later die naweek weer gaan probeer het.
