News

KYK: Kanonkop en Dennesig se water vuil, weg, of laedruk na hoofaar bars

Noorde se krane vir eers toe.

Kanonkop inwoners sal merk dat hul kraanwater vanoggend baie vuil is, weg is, of dat die drukking laer is na ’n pypbars op die hoek van Oribistraat en Loeriestraat.

Ongelukkig is dit een van die hoofpype wat water vir dele van Kanonkop en dele van Dennesig voorsien.

@middelburgobserver

DA raadslid Johann Dyason het vanoggend 02:00 dié pypbars op die hoeke van Oribistraat en Loeriestraat, in Kanonkop, opgeneem. Die pyp is ’n hoofaar wat water na groot dele van Kanonkop en Dennesig voer. Inwoners het vanmore met vuil water, geen water, of laedruk opgestaan. #Middelburg #watermeters drypipes

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

DA Raadslid Johann Dyason sê dat hy en ’n munisipale span vanoggend om 02:00 uit was, en dat die water toegedraai is.

Herstelwerk aan die pyp sal eers vandag gedoen word weens die omvang van die werk.

Omdat die water toegedraai is sal huishoudings water onderbrekings of tekorte hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button