News

Dennesig huurders gryp na brandblussers toe woonstel vlamvat

Kortsluiting vermoed in Dennesig huisbrand.

‘n Kortsluiting, moontlik by ‘n dakwaaier, was moontlik die oorsaak van ‘n huisbrand in Leydstraat, Dennesig.

Die huurders van die huis was binne besig om te eet, toe rookalarms skielik geloei het.

Ondersoek is ingestel maar die alarms het aanhou lui.

Dis met verdere ondersoek wat daar vasgestel is dat die brand in die woonstel waarin die huurders se dogter woon, begin het.

Die woonstel se slaapkamer was in ligte laaie maar gelukkig was daar brandblussers byderhand om die vlamme vinnig te blus.

Dagpatrollielede het hulle na die huis gehaas en die brandweer is ontbied.

Die brandweer het egter op die toneel laat weet hulle stuur nie ‘n span nie, maar ‘n munisipale elektrisiën.

Die wyksraadslid Johann Dyason was ook op die toneel met die eienaar van die huis se aankoms.

Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word howel die huurders vermoed dat die kortsluiting bo die bed in die slaapkamer by die dakwaaier ontstaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button