News

Nog net R7 000 kort vir Ernest se rolstoel!

Daar is nog net R7 000 uitstaande om 'n rolstoel te koop vir 'n man wat albei sy bene verloor het.

Die BackaBuddy fondse is besig om te groei sodat Ernest Viljoen een van die dae onafhanklik kan rondbeweeg in ‘n nuwe rolstoel!

Ernest se lewe het vyf jaar gelede onherroeplik verander toe beide sy bene afgesit is.

Hy het eers infeksie in sy een groottoon gekry, wat versprei het na die res van die voet en uiteindelik het hy gangreen opgedoen. Later het dieselfde met sy ander voet en been gebeur en moes ook dié been afgesit word.

“Ernest moes sy hele lewe van voor af begin opbou en leer hoe om te oorleef sonder beide sy bene,” vertel sy lewensmaat, Alta Els.

Desondanks hierdie geweldige terugslag in sy lewe, sê Alta dat hy sterk gebly het ter wille van haar en haar dogtertjie en alles in sy vermoë doen om na sy familie om te sien.

Vyf jaar gelede het hy ‘n tweedehandse rolstoel as ‘n geskenk gekry.
Ernest kon alles gedoen kry met die rolstoel, maar nou is die rolstoel gedaan en nie meer veilig vir hom nie.

“‘n Ordentlike rolstoel sal help dat hy sy onafhanklikheid en lewenskwaliteit kan behou,” sê sy.

Die egpaar het op 17 Julie 2025 ook hul babaseuntjie, Alexander Ernest Viljoen, kort na geboorte verloor.
Die dood van hul kind het nie net ‘n traumatiese nie, maar ook ‘n finansiële impak op hul lewens gehad.

Alhoewel Ernest ‘n werk het, kan hulle op hierdie stadium nie bekostig om ‘n nuwe rolstoel te koop nie.
Boonop benodig hy die rolstoel om sy werk na die beste van sy vermoë te kan doen.

Alta het ‘n BackaBuddy profiel geskep sodat hulle ten minste R20 000 kan insamel om vir Ernest ‘n ordentlike rolstoel te koop. Alhoewel die fondse aanvanklik stadig ingekom het, staan dit nou op R13 000.

“Enige bydrae, maak nie saak hoe klein dit is nie, is welkom. Ernest is baie onafhanklik, maar met die stukkende rolstoel kan hy nou nêrens heengaan nie.”

Persone wat kontak wil maak met hulle, is welkom om Alta te kontak by 076 381 2033 of kliek op die skakel HIER om ‘n bydrae te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button