NewsSport

Trane na eerste wedstryd, Giana nou een van land se bestes

Behalwe ’n skeidsregter fluitjie is Vetkoekpaleis haar gunsteling

Sy staan net 1,62m in haar sokkies, hou van die televisie komedie Vetkoekpaleis en is een van die land se belowendste skeidsregters.
Giana Viljoen (30) het die oog gevang met die wyse waarop sy die vroue superliga eindstryd tussen die Bulls Daisies en Boland Dames hanteer het.

Maar wie is Giana Viljoen nou eintlik?

Sy is ’n Noordwester wat haar skoolloopbaan begin het by Laerskool Saamtrek op Klerksdorp en aan Hoërskool Wesvalia gematrikuleer het.’
Nadat sy skoolgehou het in Middelburg is sy na Pretoria as intern biokinetikus en voltydse skeidsregter.
Haar eerste wedstryd was tussen HTS Middelburg en Hoërskool Pietersburg se o/16 B-spanne. en haar eerste provinsiale wedstryd die meisies o/16 en 18 Cravenweek toe die Oostelike Provinsie en Kwa-Zulu Natal se o/16 spanne slaags was.
“Ek het gehuil na my eerste wedstryd, maar die gogga het gebyt. Ek wou meer bereik. Ek is lief vir rugby en wil met elke wedstryd wat ek aanpak dat die seuns of meisies die wedstryd geniet en hulle passie uitleef.”

Eerste internasionale wedstryd

Haar eerste internasionale wedstryd was die kragmeting tussen Mexiko en Madagaskar se sewes spanne by die sewes Challenger toernooi.
Elke skeidsregter het daardie een moeilike wedstryd wat hulle nooit sal vergeet nie. Giana sê die kragmeting tussen die Haaie en Luiperds se o/20 spanne was vir haar so wedstryd.
Sy het so opgang gemaak, sedert haar skeidsregter dae op Middelburg dat haar naam in 2023 reeds op die nasionale paneel verskyn.

Vroue skeidsregter van die jaar

Om die fluitjie te hanteer by die AR Wêreldbeker sewes toernooi was ’n persoonlike hoogtepunt.
In 2018 is sy aangewys as die Mpumalanga Skeidsregtersvereniging se nuweling van die jaar en in 2022 en 2023 as die Blou Bulle se vroue skeidsregter van die jaar.

En haar droom? “Om eendag as skeidsregter op te tree by die vroue wêreldbeker.”
Suid-Afrika se voorste vroue skeidsregter, Aimee Barret-Theron, is haar mentor.

Kortliks:

Gunsteling gereg: Alfredo.
Drankie: Passionfruit en lemonade
Musiek: Sjoe daar is baie, dit hang maar af van my gemoed. Ek hou van musiek waarop ek kan kop skud en dan ook lofprys.
Televisie program: Vetkoekpaleis of Orkney Snork Nie.
Stokperdjie/ontspanning: Staproetes, teken, tuinwerk.
Gunsteling sport behalwe rugby: Gimnastiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button