NewsSport

100 Myler gruisreeks kom na Middelburg

Renosters gaan toeskouers wees wanneer daar getrap word

Renosters, buffels en bergfietse!
Sit buffels, renosters en goeie plaaspaaie bymekaar en jy het ’n bergfiets roete waarvan mens kan droom.
Dit is presies wat Alzu bied.
Die petroport, regs langs die N4, is bekend vir sy bergfietswedren in November, maar daar is nou nog beter nuus.

Mekka van bergfiets- en gruis wedrenne

Op 25 Julie word ’n 100 myler (160 kilometer) Mpumalanga-gruispad wedren hier aangebied.
Dit vestig Middelburg as mekka van bergfiets- en gruis wedrenne, net soos Rooiwal die mekka is vir padfietse.

Losstaande renreeks

Die organiseerders sê “die 100 Myler-reeks is ’n losstaande renreeks, nie deel van die Grit-reeks nie, maar dra elke stukkie van dieselfde gees. ’n Honderd myl wat alles wat jy het, sal toets en jou na meer sal laat verlang.”
Daar is ook ’n 50 myl opsie beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button