
Die stryd van die katte!
Die Pumas en Luiperds pak mekaar Vrydagaand om 19:00 in die Mbombela Stadion in ’n SA Beker wedstryd.
Die span van Sampie Swiegers behoort nie veel moeite te ondervind om die Potchefstromers, wat met ’n amateur span speel, onder te kry nie.
Alle oë gaan weer op die spel van JJ Scheepers wees.
Die groot slot het gewys dat jy die hoogste sport kan bereik, wanneer jy as klubspeler presteer.
Scheepers het by Tuine Grizzlies begin, twee Gold Cup trofee saam met Naka Bulle gewen, is deur die Pumas raakgesien en ’n kontrak aangebied, het die Haaie hierdie jaar in die Verenigde Rugby Kampioenskap verteenwoordig en het nou ’n groot kontrak met die Sale Sharks losgeslaan.

’n Bekende gesig maak sy terugkeer vir die Pumas met groot Willie Engelbrecht wat na ’n besering soos ’n Grand Prix kar op die wegspring rooster is. ’n Besering het hom lank op die kantlyn gehou, maar hy het hard gewerk om weer te speel.
Engelbrecht was die span se gereelde kaptein voor sy besering.
Sampie Swiegers het intussen die leisels vasgevat en die oud NWU Arende voorry kwyt hom goed van sy staak.
Die Pumas se span is:
Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamlashe (Onder kaptein), Wian van Niekerk, Dalvon Blood, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht, Ruwald van der Merwe, Andre Fouche, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers (k), Gustav du Rand, Kudzwai Dube. Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Etienne Janeke, Junior Banda, Miyelani Ngobeni, De Wet Marais, Conor van Eeden, Clinton Swart, Tino Swanepoel.
- Die Vodacom Bulls het ’n grootliks bekende span gekies vir hul VRK-ontmoeting teen die Dragons Vrydag (20:45). Die kern van die span bly dieselfde, met kontinuïteit in die voorry en lostrio wat ’n stabiele platform voor bied. Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar en Francois Klopper anker weer die skrum, terwyl kaptein Marcell Coetzee, Elrigh Louw en Cameron Hanekom voortgaan as ’n gevestigde lostrio.
Die belangrikste verandering onder die voorspelers is op slot, waar Cobus Wiese langs Ruan Nortje in die beginspan sak, met Ruan Vermaak wat na die bank skuif, nadat hy teen Glasgow begin het.
Canan Moodie skuif van buitesenter na vleuel, terwyl Stedman Gans in die beginspan as buitesenter inkom langs Harold Vorster.
David Kriel skuif van heelagter na vleuel.
Vodacom Bulls vs Dragons:
1. Gerhard Steenekamp
2. Johan Grobbelaar
3. Francois Klopper
4. Cobus Wiese
5. Ruan Nortje
6. Marcelle Coetzee (Kaptein)
7. Elrigh Louw
8. Cameron Hanekom
9. Embrose Papier
10. Handre Pollard
11. Canan Moodie
12. Harold Vorster
13. Stedman Gans
14. David Kriel
15. Devon Williams,
