News
KYK: Gholfbaan is oop – brug nog toe
Sluis van Middelburgdam wat oopgemaak is laat Klein Olifants in vloed.
Daar is goeie nuus vir gholfspelers, die Middelburg Buiteklub se gholfbaan is weer oop.
Die baan was gister gesluit nadat meer as 100mm reën in die omgewing geval het.
Putjies 13 en 14 was ontoeganklik nadat die baan oorstroom is.
Spelers het reeds weer vanoggend afgeslaan en speel dat die water so spat!
Die baan is na al die reën hierdie jaar in ’n puik toestand.
Daar moet komplimente gaan aan die span wat Middelburg Buiteklub se gholfbaan een van die bestes in die land maak.
Die laagwaterbrug oor die Klein Olifantsrivier by Asaliastraat is nog gesluit, nadat ’n sluis van die Middelburgdam gister oopgemaak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
