News

Wanneer Mammie draf moet Pappie saam sweet

Egpare durf Ysterman en Twee Oseane wedlope aan en wys ware liefde.

Hoe sê die huweliksformulier? “Die huwelik is deur God ingestel toe Hy aan die begin gesê het: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.

André Grobler en vroulief Charné nadat sy die Twee Oseane ultra wedloop voltooi het. FOTO: Verskaf.
André Grobler en vroulief Charné nadat sy die Twee Oseane ultra wedloop voltooi het. FOTO: Verskaf.

So het Hy hulle as man en vrou geskep om mekaar as huweliksmaats aan te vul en by te staan. Om so deur die Here verenig te wees is ’n voorreg, ’n vreugde en ’n verantwoordelikheid.”

Ysterman Shaun Bekker. FOTO: Verskaf.
Ysterman Shaun Bekker. FOTO: Verskaf.

Daar is twee egpare op Middelburg wat die opdrag letterlik uitvoer. Hulle is nooit alleen nie…
Hulle vul mekaar aan. Hulle staan mekaar by. En dit alles is vir hulle ’n vreugde en voorreg.

Andre Grobler met sy Twee Oseane halfmarathon medalje. FOTO: Verskaf.
Andre Grobler met sy Twee Oseane halfmarathon medalje. FOTO: Verskaf.

Mens kan amper sê; so tussen die sweet en die swoeg, is die grootste hiervan die liefde…
André Grobler het vele wedstryde vir Middelburg gewen, met sy skopvoet of aanvalle van heelagter af.
Maar toe trou hy met vroutjie Charné Bekker. Charné is ’n drawwer.

Vreugde is om ’n Ysterman te voltooi. Lizelle Bekker het die korter weergawe van die swem, fietsry en draf kafgedraf. FOTO: Verskaf.
Vreugde is om ’n Ysterman te voltooi. Lizelle Bekker het die korter weergawe van die swem, fietsry en draf kafgedraf. FOTO: Verskaf.

Rugbyspelers is nou nie juis bekend dat hulle kilometers ver draf nie. André het eers met die fiets saamgery. Later die tekkies aangetrek en twee weke gelede die Twee Oseane halfmarathon kafgedraf.
Charné was braaf genoeg om die ultra-wedloop aan te durf.

Charné Grobler het die Twee Oseane marathon in die Kaap voltooi. FOTO: Verskaf.
Charné Grobler het die Twee Oseane marathon in die Kaap voltooi. FOTO: Verskaf.

Dan is daar Shaun Bekker, Charné is sy sussie. Hy is ’n Ysterman wat Sondag die Isuzu Ysterman en Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Gqeberha voltooi het. Vroulief Lizelle het die korter weergawe van die Ysterman klaargemaak.

Lizelle Bekker.
Lizelle Bekker met haar Ysterman medalje. FOTO: Verskaf.

En hoe sê die huweliksformulier verder? “Die huwelik is ’n hegte eenheid. Hierdie eenheid is die diep geheim van ’n gelukkige lewe, die grondslag van ’n gesonde gesinslewe en die hoeksteen vir ’n stabiele samelewing. Woord en Gees, is vir mekaar, vir hul familie, die kerk en die samelewing ’n vreugde, krag en inspirasie.” Jip, ’n inspirasie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button