News

Speler wat met ambulans hospitaal  toe is vir Pumas gekies  

Hoërskool Middelburg het agt spelers in Cravenweek span, Nelspruit ses.

Drie weke gelede is senter Nathan Jansen van Vuuren van HTS Middelburg met ’n ambulans na die Life Midmed Hospitaal gehaas, met ’n nekbesering. Daar is vir die ergste gevrees, nadat hy by ’n losskrum hard geloop is deur ’n speler van EG Jansen van Boksburg.

Nou is hy vir die voorlopige Puma Cravenweek span gekies, wat oefenwedstryde teen die Valke gaan speel.

Die besering was nie so ernstig as wat aanvanklik vermoed is nie en sy afrigter, Jano Venter, het die volgende dag al gesê dat Jansen van Vuuren gou terug sal wees in die rooi trui.

Hoërskool Middelburg het sewe spelers in die span, HTS Middelburg drie en Nelspruit ses.

Die span speel op 26 Mei teen die Valke.

'n Beseerde rugbyspeler.
Nathan Jansen van Vuuren word op die veld behandel na ’n nekbesering. FOTO: Tobie van den Bergh.

Pumas Cravenweek:

Rhandzu Mkhabela (NHS), Kgontse Masilela (MHS), Riaan Botha (NHS), Nathan Jansen van Vuuren (HTS Middelburg), Fisokhule Shabalala (HPR Hoërskool Piet Retief),  Ewan van der Merwe (NHS), Kamo Mokwe (NHS), Vian Louw (NHS), Mezi Siyaya (Uplands), Siphesihle Marule (MHS), Sifiso Hlungwane (MHS), Andrea de Wet (HTS Middelburg), Marcel Lindeque (NHS), Ryan Blake (MHS), Melchior van Niekerk (MHS). Plaasvervangers, Uli kinghorn (HPR), Uzile  Mathelela (HTS Middelburg), Dewald du Toit (MHS), Lihan de Vaal (MHS), Thubelihle Marule (Uplands), Mongezi Dlamini (Hoogenhout), Banele Mthombo (Ligbron), Buhle Mphahlaza (MHS).

Akademie span:

Kamogelo Mohlala, Zain Hughes, Lihle Nkadimeng, Blake Faber, Kgotso Peta, Carlo van Staden, Gaston Brown, Jayden Pretorius, Christiaan de Klerk, Gerbrand Davel, Christiaan Botha, Ruben Kruger, Ziyanda Xaba, Dillian Botha, Christiaan Viljoen. Plaasvervangers: Seabie Ramodike, WP Human, Mpho Mushuda, Nkazimule Masondo, Aldo van Jaarsveld, Enio Manhica, Mukelo Nkosi, Ndumiso Dlamini, Fiso Methula, Siyabonga Mokgoatjana.

Onder 17 span:

Carl-Hein Creydt, Kamo Masilo, Katlego Sibiloane, Jandre Oosthuizen, Jarem Kallunga, Cornelius Erasmus, Franco de la Rosa, Johan Raulstone, Joshua Jansen, Jayden Olds, Caelen Chetty, Phino Nkosi, Uhuru Mathebula Ubuthle Nyumba, Robroy MacGregor. Plaasvervangers: Sebastiaan Rheeder, CJ Serfontein, Lwandle Dlamini, Lethu Makalima, Gerhard Hartzenberg, Njabulo Sithole, Samkelo Buthelezi, Owethu Mngomezulu, Bhekani Gumede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button