Piet Retief het seker na die Grobler boeties verlang toe hulle Saterdag deur Middelburg oorrompel is.
Lood, Chris, Hans, Kallie en Niklaas, was legendes op Piet Retief, wat nie net vele wedstryde vir hulle gewen het nie, maar ook ’n paar gevegte na die tyd.
Middelburg het geen genade betoon nie en met 48-14 gewen.
Hulle het in die proses ses drieë gedruk.
Piet Retief se tweedes het onttrek wat beteken Middelburg se naasbestes bly onoorwonne.
Drieë: Janco de Lange, Zander Erasmus, Stephan Rademeyer, Chelton de Villiers, Divan Geyser, Siyabonga Magagula.
Doelskoppe: Zander Erasmus (Ses), Strafdoele: Erasmus (Twee).
Die klub het hande gevat met Hoërskool Steelcrest en op die skool se veld gespeel, nadat die derby teen Kanonkop afgehandel is.
Die span het eerskomende naweek ’n loslootjie en hoop om volgende week na die derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg op die velde van Middies in aksie te wees.
