Die oud onderwyseres van Middelburg, Giana Viljoen, is Saterdag in beheer van haar grootste rugby wedstryd in haar kort skeidregtersloopbaan.
Sy is in beheer van die o/21 Sesnasies wedstryd tussen Frankryk en Skotland in Tarbas, Frankryk.
Giana het van die skoolvelde op Middelburg gevorder tot die superliga vroue eindstryd op Loftus Versfeld tussen die Boland Dames en Bulls Daisies. Nou staan sy aan die vooraand van ’n groot internasionale kragmeting.
Blou Bulle Skeidsregtersvereniging
Sy was ook die eerste vroue skeidsregter wat ’n Carltonbeker eerstespan wedstryd hanteer het. Dit was die kragmeting tussen Tukkies en Centurion wat Centurion 63-33 gewen het.
Nadat sy lid was van die Mpumalanga Skeidsregtervereniging, blaas sy deesdae in die kleure van die Blou Bulle Skeidsregtersvereniging.
Viljoen, wat deel is van World Rugby se Talent ID-program, is een van sewe wedstrydbeamptes op die paneel vir die nege wedstryde in die eerste o.21-vroue-Sesnasies, wat van 18 April tot 10 Mei duur.
Sy is ook vanaf 4 tot 6 September in aksie by die FISU Universiteite Spele in Stellenbosch.
Dan is sy ook een van die skeidsregter by die Wêreld Jeug Olimpiese Spele se sewes vanaf 1-3 November in Dakar, Senegal.
