Bonita Wilson, beter bekend onder vriende as Bonnie, het op 27 April vreedsaam tuis heengegaan.
Op die ouderdom van 63, met geen kind of kraai nie, was Bonnie ’n selfstandige vrou wat haar eie potjie gekrap het.
Bonnie was ’n diabeet en haar toestand het oor die afgelope drie jaar stelselmatig verswak.
Sy was tot haar dood toe woonagtig op ’n kleinhoewe buite die dorp, waar sy die stilte en natuurskoon optimaal kon geniet.
Met haar passie vir syfers, het sy haar as wiskunde professor bekwaam en later jare privaat wiskunde klasse in Middelburg aangebied.
Familielede van Engeland, Zambië en die Kaap is tans op pad na Middelburg vir Bonnie se roudiens.
Die gedenkdiens vind Vrydag, 1 Mei om 14:00 by St. Joseph’s Katolieke Kerk in Cowen Ntulistraat plaas.
