News

Gedenkdiens vir oud honde-eenheid bevelvoerder

Huldeblyke stroom in vir gewilde hondeman,

Die gedenkdiens van luitenant kolonel Jakes (Mynhardt) Jacobsz (65) word op 9 Mei, om 13:00, gehou.

Die diens vind plaas by die Fourways Memorial Park in Johannesburg.

Die gewilde oud bevelvoerder van die honde-eenheid op Middelburg,  is gisteroggend in Pretoria oorlede, nadat hy Dinsdag ’n hartaanval gehad het. Hy sou op 25 Mei sy 66ste verjaardag gevier het.

Sy vrou, Eurika, sê hy is na die Montana en later na Unitas hospitale geneem vir behandeling, maar die gesin is in die vroeë oggendure Woensdag in kennis gestel dat medici  niks meer vir hom kan doen nie.

Die egpaar ken mekaar al vandat hulle 16 jaar oud is.

Luitenant kolonel Jacobsz het in 2020 na 42 jaar diens afgetree.

Intussen stroom huldeblyke vir die oud hondeman in.

Loraine Crafford

Sterkte aan Eurika  en die ander nabye familie. My innige simpatie.

Alta Kirsten

So jammer om te hoor Eurika, baie sterkte in hierdie hartseer tyd. Rus in vrede kolonel .

Lourie Kritzinger

RIV Jakes! Jy was ‘n yster my vriend! Innige simpatie aan die familie in die hartseertyd.

Scalla Hugo

Kol Jakkie! Ag nee man!

Estelle van Schalkwyk

Baie sterkte. Dink aan julle.

Roelof Rudi Neethling

Saluut Kollega. ‘n Puik offisier gewees.

Colin de Bruin

RIV soldaat.

Robert M H Jarvis

Baie sterkte vir die familie in die moeilike tyd.  

Ulrich Labuschagne

Doggies never die we just regroup in Heaven and start all over.

Drummond Hammond

An officer and a gentleman! RiP Jakes.

Sam Weller

Rest in peace, my condolences to the family and friends, may his memory be a blessing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button