Rooi Bulle vanmiddag teen Kempies in aksie
Kleinseun volg in oupa Hendry van Tonder se voetspore.
Jayden Olds, die kleinseun van die Suidoos-Transvaal kaptein, Hendry van Tonder, draf vanmiddag vir HTS Middelburg se Rooi Bulle uit.
Soos sy oupa is hy ’n losvoorspeler.

Jayden is ook vir die Pumas se o/17 A span gekies.
Dit is 1 Mei, werkersdag!
Daarom is dit geen rusdag vir die Rooi Bulle nie.
Hulle “werk” vanmiddag in die Virsekerbeker Noordvaal se plaatafdeling.
Die span van Jano Venter en Vicky Menegaz pak Kempton Park in ’n wegwedstryd.
Volgens die bepalingslys sou die wedstryd more plaasgevind het.
HTS Middelburg:
Cornelius Erasmus, Ruwan Graaff, Adrian Humphries, Nathan Jansen van Vuuren, Liam Jacobs, Ruan Janse van Vuuren, Ruan Pienaar, Regard Blake, Andrea de Wet, Jayden Olds, Ruben Kruger, Tiaan Grobler, Uzile Mathelela, Waldro Lourens, Carlo Joubert. Plaasvervangers: Jade Stimie, Leon Kruger, Chessman Albert Edward Elmes, Max Venter, Gerhard Hartzenberg, Dante Lubbe, Wynand Cronje, Fourie Joubert.
