News

Protea rolbalspeler oorlede na beroerte

Annatjie was ’n raakvat vrou en jarelange Bullerlaan inwoner.

Die Protea rolbalspeler, Annatjie Meyer (73), is gistermiddag oorlede, nadat sy ’n tyd gelede ’n beroerte  gehad het.

Sy is gistermiddag (2 Mei 2026) in die King Njabela Hospitaal oorlede.

Sy en haar man, Calla, is jarelange inwoners van Bulllerlaan in Dennesig..

Annatjie het twee keer haar Proteakleure verwerf, waar sy as deel van die Suid-Afrikaanse gestremde span ‘n silwer en ‘n brons medalje verower het .

Sy het as 14-maande oue baba tydens die 1954 epidemie polio gekry en was 14 maande in die hospitaal.

Sy het aanvanklik vir die Korrektiewe Dienste gespeel, daarna vir die Stadion Rolbalklub en vanaf 2007 was  sy ‘n aktiewe lid van die Buiteklub se rolbalspan.

In 2009 haal sy reeds die span na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Gestremdes en wen goud in die enkels by dié kampioenskappe.

Die jaar daarna is dit weer goud en in 2011 wen sy haar afdeling, maar speel uit teen ‘n man en verower uiteindelik ’n  silwer medalje.

Tussen 2010/2011 verwerf sy haar Proteakleure en behaal brons tydens die wêreldbeker by Wingate Park (Pretoria).

By die wêreldkampioenskappe het sy  ‘n Aussie met 21-1 geklop en later met die brons medalje weggestap.

Die entiesiastiese rolbalspeler kon net so goed bak en naaldwerk doen.

Sy het ook in 2015 by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe ’n silwer medalje losgespeel en weer haar Proteakleure verwerf, waarna sy aan die wêreldkampioenskappe in Nieu-Seeland deelgeneem het.

Sy laat haar geliefde man, Calla, haar dogter Yolande, seun Friedrich, asook haar broer, suster en kleinkinders agter.

’n Verassingsdiens word Donderdag, 7 Mei, om 12:00, uit die Hervormde Kerk Noord Gemeente vir haar gehou. Die diens sal deur ds Nicolaas Steenekamp gelei word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button