News

Skote gaan klap wanneer skole slaags raak in derby

Elkeen sal ’n wenskuif wil maak in week propvol sport en aksie.

Die week se derby program is bekendgemaak en dit gaan behoorlik ’n sportfees wees  met gholf, muurbal, tennis, skaak, skyfskiet, hokkie, netbal en natuurlik die hoofdis; rugby.

Dit gaan Saterdag ’n lang dag wees met die eerste spanne wat eers om 15:30 afskop.

Die Middelburg Buiteklub is more die eerste slagveld wanneer die HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gholfspanne mekaar pak.

Dinsdag is dit muurbal by die Middies muurbalbaan en skaak in die skoolsaal.

Die B-hokkiespanne pak mekaar Woensdag vanaf 14:00 by Hoërskool Middelburg se astrobane.

Die derby reelings.
Logistieke details waarvan jy moet weet. Verskaf.

Die eerste en tweede tennisspanne is Donderdag slaags by Middies en die derdes en vierdes by HTS Middelburg.

Die skote klap ook Donderdag 7 Mei in die middies  skoolsaal met die skietspanne wat dit gaan uitspook.

Vrydag se seunshokkie begin om 14:00 met die o/14A spanne en die eerstes wat eers om 18:00 speel.

Die dogtershokkie kom Saterdag aan die beurt vanaf 8:00 by die Middie astro.

Die eerste doele gaan Saterdag reeds vanaf 8:30 gegooi word by Hoërskool Middelburg se netbalbaan.

Die A- en B-velde gaan vir die rugby ingespan word

Daar is vermaak vanaf 14:40 op die A-veld met die eerste spanne se asfkop laatmiddag om 15:30.

Tussendeur is daar geesvang en nogmaals geesvang, lofprysing en kultuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button