News

KYK: Die Rooi Bul kom…hy kom, hy kom…

Kyk, daar is Kwagga ook in die rooi trui van HTS Middelburg.

Mens kan nie anders as om hierdie week met nostalgie terug te kyk op die derbyweek nie.

’n Dorpstradisie wat nie net die twee skole raak nie, maar ’n hele gemeenskap.

’n Week om te koester.

Ons het bietjie in die Middelburg Observer se ou argiewe gaan grawe en op ’n paar interessante berigte en videos afgekom. Ons gaan dit met lesers deel soos die week aangaan.

Wanneer daar op die jare teruggestap word is dit met vreugde maar ook ’n tikkie heimweë.

Daar is name soos Japie Kleynhans, Jan Lock, Usher Bell, Theo le Roux, Kobus Marx, Willie le Roux en vele andere wat in berigte opduik.

Jong eerstespan spelers met drome, wat nie meer vandag hier is nie.

@middelburgobserver

Hoër Tegniese Skool Middelburg se eerste rugbyspan gee hoendervleis met die sing van die Rooies skoollied.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Maar daar is ook ’n naam soos Jano Venter.

Op ’n video staan hy kaalgeskeerde kop en sing en op ’n foto pronk hy in sy rooi HTS Middelburg eerstespan trui saam met Springbok Kwagga Smith.

Na skool het sy rugbyloopbaan vele draaie geloop van die Leeus na die Blou Bulle en Japan en uiteindelik weer terug by sy alma mater.

Nou is hy Saterdag afrigter van die Rooi Bulle se eerstespan wat die skool se trots moet verdedig.

Jano het gewys “die Rooi Bul kom, hy kom, hy kom…”.

Die eerstespan wedstryd skop om 15:30 by Hoërskool Middelburg af.

Leerders in skooldrag het gratis toegang, 4-13 jaar betaal R20, 14 jaar en ouer R50 per persoon en R100 vir parkering op die skoolterrein. Toeskouers moet daarop let dat toegang kontantloos is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button