News

Is dit nou Bennie Boekwurm of Bennie Boekfilm?

Gees loop hoog by Hoërskool Middelburg.

Na twee dae gaan die trofee vir die beste gees aan…

Dromrol!

Geen twyfel nie dames en here!

En die wenner is: Hoërskool Middelburg!

Al wat jy sien is vrolike leerlinge in groen wat wys derbyweek kan ook pret wees.

Middies het vandag sy Bennie Boekwurm of Boekfilm-tema gehad en selfs die personeel het deelgeneem.

More is dit Groendag en dan die een waarvoor almal wag: Tekrotte.

Met sulke gees kan daar nie gewag word vir Saterdag om te wys dit is nie net die Springbokke wat groen is nie.

Daar is ’n hele paar mense wat groen is van jaloesie, want waar kry jy beter gees as by Hoërskool Middelburg?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button