News

“As jy dit like kap ’n comment”

TikTokker sê Rooi Bulle is soos ’n stopstraat.

As daar een persoon is wat nie hierdie jaar ’n kerskaartjie by HTS Middelburg gaan kry nie, is dit die beïnvloeder Nastassja Kriel (Ras).

Maandagoggend het haar man, die Springbok flank, Jaco Kriel, ’n motiveringspraatjie by HTS Middelburg gehou en die middag het sy vroutjie ’n video geplaas, wat intussen wyd gedeel word.

Rooi Bul ondersteuners het rooi gesien.

In die video sê sy groen is beter as rooi en wys dan ’n rooi en groen verkeerslig, rooi of groen appels en rooi en groen Tabasco sous en selfs later groen gras.

“Groen is beter as rooi” sê sy, terwyl haar mede-TikTokker, Albert Bredenhann, saam giggel.
“Wat help vir ’n hang over?”

Kyk Nastassja se Facebook plasing hier: https://www.facebook.com/reel/27379204511665641

’n Blikkie Coke, rooi natuurlik en Cream Soda, groen, word gewys. Giggel!

By ’n rooi stopstraat sê sy “laat my dink aan HTS Middelburg se rugby, lyk of hulle stil staan…of hulle die game moet stop.” Giggel!

“Bome, gras plante, laat my dink aan Hoërskool Middelburg dit lewe, dit groei, groen soos ’n rugbyveld.

“Laat my dink aan ’n rugbyveld waar hulle die rooi span gaan verneder”. Giggel!

“Blykbaar lojaal teenoor groen.” Dan wys die video hoe Nastassja op pad is na HTS Middelburg se administratiewe blok.

“Ek was under cover.” “Waarvoor?” vra Albert.
“Vir die lynstaan calls“. Giggel.

“Die groen span gaan wen.” Giggel.
Die main game is Saterdag 9 Mei”.

“En as jy dink groen is beter as rooi, kap ’n like en ’n comment.”
Comment! Nie, kommin nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button