News

Begrafnisdiens van Rudi Smit Woensdag gehou

Skandeerder by nuwe provinsiale hospitaal het nie gewerk nie

Die begrafnisdiens van Rudi Smit (44) gaan op 13 Mei, om 11:00, uit die kapel by die Samoa Machelstraat begraafplaas gehou word.
Hy is op 30 April in die nuwe King Nyabela Provinsiale Hospitaal oorlede.

Die begrafnisdiens van Rudi Smit (44) gaan op 13 Mei, om 11:00, uit die kapel by die Samoa Machelstraat begraafplaas gehou word.

Hy is opgeneem vir longontsteking maar is Dinsdag, 21 April, ontslaan, net om Woensdag 22 April weer terug gehaas te word na die provinsiale hospitaal.

Sy broer, die bekende honde-hanteerder, André Smit, vermoed is dat hy ’n beroerte gehad het.
Volgens hom het die CT-skandeerder by die hospitaal nie gewerk nie en Rudi moes na die naaste hospitaal (Nelspruit) gestuur word, waar daar so skandeerder was.
“Sover my kennis strek het dit nie gebeur nie en hy is daarna oorlede.”
Rudi het by Elite Training gewerk en laat sy kinders Ruaan (17) en René (14) agter.

  • Navrae oor die skandeerder wat glo buite werking was is al ’n week gelede aan die departement gesondheid gestuur.
Luitenant kolonel Jakes Jacobsz , oud bevelvoerder van die Middelburgse honde-eenheid, se diens is Saterdag. FOTO: Verskaf.
  • Intussen is die diens vir luitenant kolonel Jakes Jacobsz , oud bevelvoerder van die Middelburgse honde-eenheid, Saterdag13:00 by die Fourways Herdenkingspark in Johannesburg. Kol. Jacobsz is verlede week na ’n hartaanval oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button