News
Energie galore by lofprysingsaand
Leerlinge van Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg nie skaam om te loof en prys nie.
As die leerlinge van HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg met die selfde entoesiasme Saterdag deelneem, as gisteraand se lofprysingsaand by Corpus Christi in Aerorand, wag toeskouers op energie wat ’n Duracell battery sal oortref.
Daar is nie teruggehou nie.
Op ’n stadium het die lofprysers sommer by die een deur uit en by die agterdeur in gejubel.
Dit was alles deel van die derbyweek en honderde leerlinge het opgedaag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
