News

HTS Middelburg optog: Só word die bul by die horings gepak

Die Rooibulle gaan Middelburg se strate rooi verf met gees en sang met dié derby optog

Die jaarlikse derby tussen Hoër Tegniese Skool Middelburg (HTSM) en Hoërskool Middelburg loop reeds hoog, met gees wat opvlam voor die naweek se kragmeting.

Inwoners kan môreoggend regstaan vir hope geraas, gejuig en ’n see van rooi, wanneer die tradisionele derby optog deur die strate trek. Vir die Rooies geld daar immers net een reël dié tyd van die jaar, “Hoe rooier, hoe mooier!”

Só lyk die reisplan vir Rooies se vuurwarm rit (8 Mei 2026):

07:15 – Voertuie word voorberei en maak gereed vir vertrek.

07:45 – Leerders word deur beamptes (afrigters en voogpersoneel) op die voertuie en busse gekontroleer. L.W. Maak asseblief seker dat alle leerders ingelig is oor die gedragskode en veiligheidsmaatreëls rakende bewegende voertuie.

07:55 – Vertrek na Laerskool C.R. Swart.

08:05 – Geskenkoorhandiging by Laerskool C.R. Swart.

08:30 – Besoek aan Middelburg Observer.

08:55 – Besoek aan Laerskool Kanonkop.

09:25 – Besoek aan Laerskool Dennesig.

10:10 – Besoek aan Laerskool Middelburg (Middies).

10:40 – Besoek aan MPS.

11:30 – Besoek aan Aerorand Primary.

11:45 – Optog beweeg verby Midwater-sentrum.

12:00 – Arriveer terug by HTS Middelburg.

12:15 – Samesang op die pawiljoen en finale gelukwense aan die spanne.

12:40 – Bedanking van borge, ouers en leerders (Mnr. Malem van Heerden).

12:45 – Skool sluit af en verdaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button