MHS optog: Middies Groen Seisoen
Middelburg gaan in groen getooi wees, met Hoërskool Middelburg se derby optog wat more die gees gaan stook.
Die dorp gaan more groen wees tydens Hoërskool Middelburg se jaarlikse Groen optog.
Die optog vertrek more, Vrydag 9 Mei om 09:00 vanaf MHS, waarna ’n golf van groen deur verskeie dele van die dorp sal beweeg. Inwoners kan uitsien na liedjies en lawwe leerders wat die derbygees laat gloei.
Vir ander is daar dalk vier seisoene, maar vir Middies is daar net een wat nou werklik saak maak, die Groen Seisoen.
Tydskedule van Middies Groen Optog:
• 09:00 – MHS
• 09:10 – Middelburg Primary
• 09:25 – Aerorand Primary
• 09:45 – Laerskool C.R. Swart
• 10:00 – Middelburg Laerskool
• 10:20 – Middelburg Observer
• 10:40 – Kanonkop Laerskool
• 11:00 – Laerskool Dennesig
Die jaarlikse derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg bly een van die hoogtepunte op Middelburg se kalender.
Maar vir Middies ondersteuners – vergeet van die kalender, by Hoërskool Middelburg, is dit 365 dae van groener gras.
