News

Toegegroeide begraafplaas skoongesny

Coastal Hire bedank omdat hy omgee vir ons mooi dorp.

Saam maak ons ’n verskil!

Coastal Hire het gister ingespring en die oorgroeide begraafplaas skoongesny.

Die stap is uit alle oorde geprys met raadslid San-Mari Wait, in wie se wyk die begraafplaas val , wat haar dank teenoor die maatskappy uitgespreek het.

Sy was oorstelp van blydskap toe sy hoor die begraafplaas word skoongemaak.

Die Kamer van Koophandel en Industrieë het in ’n boodskap op sosiale  media gesê “besighede soos julle maak werklik ’n verskil.. Dankie dat julle vir ons pragtige dorp omgee”.

Die Kamer het ook aangekondig dat hulle gaan begin met ’n projek wat bekend sal staan as “Middelburg matters”.

Die Middelburg begraafplaas was vir jare so goed onderhou dat mense van ander dorpe hulle geliefdes hier kom begrawe het.

’n Paar maande gelede was die gras heuphoogte om grafte maar die Steve Tshwete Munisipaliteit het die  begraafplaas skoongesny.

Met al die reën het die begraafplaas vinnig toegegroei en was daar verskeie klagtes van inwoners af wie se geliefdes daar begrawe lê.

Na berigte oor die onnet begraafplaas het Coastal Hire begin om die lang gras te sny en die terrein weer netjies te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button