Die jong fietsryer van Middelburg Fietsryklub, Keara Botha, het vyfde geëindig in die SA Cup XCC en XCO by die Thaba bergfietswedrenne in die o/23 ouderdomsgroep.
Sy het ook vroeër die jaar aan die provinsiale padfiets kampioenskappe deelgeneem.
Nog fietsrynuus is dat die klub ’n “hotdog”-rit op 16 Mei hou wat deel is van die maandelikse klubuitstappie.

Daar word om 7:00 weggespring by Basson en Beyers Fietswinkel met gratis koffie.
’n Afstand van 60km gaan op die Stoffbergpad afgelê word tot by Nooitgedacht plaas.
’n Moedersdag wedren word ook more, 9 Mei, by Rooiwal naby Pretoria aangebied, met afstande wat wissel van 26km, 52km en 94km.
Daar kan nog moreoggend vanaf 6:00 ingeskryf word.
Vir navrae skakel Eduard by 078 002 0832.
