Puma afrigters, Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp, het hulle oog op die halfeindstryd volgende week in die SA Beker.
Ysters soos Sampie Swiegers, Ruwald van der Merwe en Gustav du Rand, word vanaand gerus vir die wedstryd teen die Griffons in die Mbombela Stadion, om 19:00.
Die jong oud Matie, De Wet Marais, kry sy groot kans langs die kant van die skrum.
Conor van Eden sal ook op skrumskakel wil wys hy hoort in die beginspan.
Die Pumas het reeds gekwalifiseer vir die Curriebeker maar sal met ’n goeie oorwinning wil seker maak hy speel tuis wanneer die halfeindstryd plaasvind.
Pumas:
Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamalashe (Onder kaptein), Clinton Swart, Tino Swanepoel, Danrich Visagie, Conor van Eeden, Marvelous Mashimbyi, Willie Engelbrecht (K), De Wet Marais, Tiaan de Klerk, Miyelani Ngobeni, Junior Banda, Jan-Henning Campher, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Gustav du Rand, Kudwai Dube, Sampie Sweiegers, Andre Goedhals, Ruwald van der Merwe, Thomas Bursey, Wian van Niekerk, Qamani Kota.
