NewsSport

Watwou Oom in die Ouetehuis!

Op byna 80 ryg Conrad nog die medaljes in

Hoe gaan dit met Oom in die Ouetehuis? Oom in die Ouetehuis se voet!
Oom is op die atletiekbaan besig!

Skuus?
Ja, op byna 80-jarige ouderdom is Conrad Stoltz nog besig om die atletiek medaljes in te ryg.
En nie sommer enige medalje nie; Goud!

Die spesiale medaljes wat hy ingepalm het. FOTO: Verskaf.

Hy vier op 18 Julie sy 80ste verjaardag.
By die Suid-Afrikaanse meesters kampioenskappe verlede naweek, verower hy ’n silwer medalje in die gewigstoot, goud met spiesgooi en goud vir diskus. Hy is in die 5000m stap gediskwalifiseer.

Die SAMA, Suid-Afrikaanse Meesters Atletiek Kampioenskappe is op Germiston aangebied en hy het in die afdeling 75-79 jaar meegeding.

Hy was oor die jare natuurlik meer bekend as Comrades marathon atleet, maar hy het ook as rugby skiedsregter en rugby afrigter uitgeblink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button