News

KYK: Middies is die 2026 hokkie kampioene

’n Dag van drama en opwinding wag met die Middelburg Observer wat reg staan om lesers op hoogte te hou.

Hoërskool Middelburg is die 2026 hokkie derby kampioene.

Die Middies seuns hokkie span het gisteraand vuurwarm hokkie op ’n bitter koue aand gespeel, om met 3-1 te wen.

En nou is die tafel vandag gedek vir  ’n onvergeetlike derbydag.

Albei skole het  gister met die optogte hulle beste voet voorgesit.

Dit was een rooi slang van voertuie en ’n Middie optog wat onderwysers wat die eerste keer derbyweek beleef, trane in die oë laat kry het.

Die leerlinge het ook entoesiasties deelgeneem aan die optogte met kleurryke plakkate.

En hoe het die wêreld net nie verander nie?

Middies het gisteraand skaars die wendoele geslaan of ’n “kunswerk” word rondgestuur met ’n telbord wat sê Streepmuise 3 – Tekrotte 1.

@middelburgobserver

Die gasheer vir die 2026 derby, Middelburg Hoërskool, staan gereed om duisende toeskouers vandag te ontvang vir die kragmeting van die jaar. Middies se seunshokkie is gisteraand afgesluit met ‘n eerstespan oorwinning van 3 – 1 wen vir die Middies. Vandag word voortgesit met netbal, dogtershokkie en rugby. Kaartjies is by die hekke te koop.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Ja, hoe het die wêreld nie verander nie?

’n Paar jaar gelede was dit swart-en-wit foto’s, selfoonloos, en geen Kunsmatige Intelligensie nie.

Nou het Middies hulle eie liedjie “Die groen masjien” daar is memes, videos en nog wat.

Die Middelburg Obsrever het die afgelope week ook duisende volgelinge gehad, wat nie net die koerant gelees het nie, maar sy sosiale media bladsye met groot entoesiasme gevolg het.

Nou is dit 9 Mei 2026.

Wat gaan hierdie dag oplewer?

Drama, opwinding, aksie, nog memes, videos en nog wat.

Geniet hom!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button