NewsSport

Blou Bulle hou al meer van pienk

Puma onder kaptein sluit by Williams en De Klerk aan in Pretoria

JJ Scheepers, Ruwald van der Merwe, Sampie Swiegers en nou Sango Xamlashe.
Die Puma rugbyspan word jaar na jaar leeg gekoop. Enige span wat spelers soos Faf de Klerk, Vincent Koch, Roscko Speckman, Uzair Cassim, Corné Fourie, Shaun Venter, Tiaan Fourie, Pellow van der Westhuizen, Coenie Oosthuizen, Tinus de Beer, Eduan Swart, Le Roux Roets, Devon Williams, Sebastiaan de Klerk, Jeandré Rudolph, Diago Appolis en Stephan Coetzee moet vervang, sal seker al bankrot gewees het aan spelers.
Tog lewer Puma afrigter, Jimmy Stonehouse, jaar na jaar nuwe talent op wat deesdae ook internasionaal gesog is.

Die Blou Bulle is veral deesdae geneig om inkopies op Nelspruit te doen.
Xamlashe word ook ’n Bul en sluit hom by Williams (heelagter) en De Klerk (vleuel/senter) aan.
Die Bulle het vanoggend bevestig dat Springbok-losskakel Curwin Bosch, hom van Frankryk af by die Bulle aansluit op ’n driejaarkontrak wat in Julie begin.
Hy word vergesel deur Thaakir Abrahams, wat van Munster na Suid-Afrika terugkeer, op ’n tweejaarkontrak.

Die Vodacom Bulls het ook een van die land se mees opwindende jong spelers in die 19-jarige Luan Giliomee gekontrakteer. Ten spyte van ’n uitstaande Vodacom VRK-debuut as heelagter vir die Sharks vroeër vanjaar, is Giliomee ’n spesialis-losskakel wat ’n driejaarkontrak geteken het.
Die agterste drie word verder versterk deur voormalige Junior Bok en Paarl Boys-heelagter Hakeem Kunene (drie jaar), tesame met die aankoms van vleuel Dylan Maart (via Griekwas) en Pumas se buitesenter Xamlashe (twee jaar), wat albei by die groep sal aansluit na die Curriebeker.

Die Bulle se toewyding aan fisiese oorheersing is duidelik in die ondertekening van Mawande Ndanda. Die 132 kg-vaskopstut, ’n produk van Maritzburg College, arriveer in Julie van die Sharks op ’n tweejaarkontrak om beduidende gewig en krag tot die voorry te voeg.

In ’n groot langtermyn-hupstoot het die franchise vroeër bevestig dat voormalige Junior Springbok-kaptein Hanro Liebenberg na Pretoria terugkeer voor die 2026/27-seisoen op ’n driejaarkontrak.
Daarbenewens is junior- tot senior kongtrakte toegeken ??aan Jean Erasmus (vaskop – drie jaar), Heinrich Theron (slot – drie jaar), JJ Theron (losvoorspeler – twee jaar), Pieter van der Merwe (senter – drie jaar), Demetri Erasmus (senter – drie jaar).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button