NewsSport

Gouws, Gerber en Muller speel vir legendes

Pak Affies se oudleerlinge Vrydagaand in Pretoria

Saterdag was hulle nog in verskillende kampe in die HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg derby, Vrydagaand speel hulle saam vir Suid-Afrika legendes of soos die span bekend is “Rugby Legends South Africa”.


Die oud Affies en legendes pak mekaar Vrydagaand, 14 Mei, op die Afrikaans Hoër Seunskool A-veld.
Dit is ’n voorgereg vir die groot stryd die volgende dag tussen Affies en Grey College.
’n Paar interessante name is op die legendes spanlys, waaronder Hoërskool Middelburg se rugby hoofafrigter, Christiaan Gouws, wat op skrumskakel gekies is.

Jacques Muller rig Montana af wat Saterdag teen die Rooi Bulle speel. FOTO: Verskaf.

Hy is natuurlik ’n oud Grey leerling maar gaan die Grey/Affies derby misloop, want sy span speel die volgende dag op Middelburg teen Rustenburg in die Noordvaal Virsekerbeker se bekerafdeling.
Op voorry sak die oud HTS Middelburg eerstespan speler, Jacques Muller (46), wat sê hy sal seker een of ander tyd halt moet roep.

Christiaan Gouws, middel, saam met sy legendes spanmaats. FOTO: Verskaf.

Muller is deesdae Hoërskool Montana se voorspeler afrigter en ’n rugbyman in murg en been. Montana speel Saterdag op Middelburg teen sy ou span, die Rooi Bulle.

Op die plaasvervangerbank vir die legendes is Sam Gerber wat by HTS Middelburg se o/16 A-span en eerstespan afrigting betrokke is.
Gerber het twee jaar vir die Pumas senter en vleuel gespeel en daarna 105 keer in die blou trui van Bayonne in Frankryk.

Jacques Muller en Sam Gerber in hulle SA Legendes truie. FOTO: Verskaf.

Die oud HTS Middelburg hoofseun en skrumskakel, Grant Bartle, is ook by die span betrek, maar in ondersteunende hoedanigheid.

Die oud Puma kaptein, Shane Kirkwood, is op slot gekies en nog ’n Puma, die vleuel Etienne Taljaard, sal van die plaasvervangerbank af kans kry.

Christiaan Gouws (heel onder op foto) saam met Jacques Muller (bo) op ’n legendes spanfoto; FOTO: Verskaf.

Die Loftus liefling, John Mametsa, gaan ook die bank warm hou, maar Lionel Mapoe, wat net nou die dag nog vir die Bulle uitgedraf het, begin in die nommer 14 trui.
Die Affies span word deur die plaasboer en oud Blou Bulle flank en haker, Derick Kuun, aangevoer met groot Dean Greyling wat op loskop sak.

Sam Gerber vir Bayonne in aksie. FOTO: Verskaf.

Die sewes Bok en nog ’n oud Puma, Shaun Venter, is die Affies skrumskakel.
Bul ondersteuners sal ook die naam Grant Esterhuizen onthou. Die oud Bok senter is op die plaasvervangerbank gekies vir die Affies oudleerlinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button