News

Om te stem is ’n belangrike reg

Die munisipaliteit is tans besig met 'n veldtog om die jeug voor stem-dag, in te lig.

Vier verskillende skole in Middelburg gaan more so bietjie meer oor verkiesings leer. Die hele stemproses sal aan die leerlinge verduidelik word.

Jong kiesers wat vanjaar stemgeregtig word sal by vier skole naamlik Middelburg Combined School, Eastdene Combined School, Eastdene Muslim School en Steelcrest High School, meer oor hul stemregte leer.

Die Steve Tshwete munisipaliteit bied die sessies saam met die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aan.

Dit is deel van ’n veldtog om nuwelinge by die stembusse te kry.

Die veldtog fokus hoofsaaklik op skoliere wat 18 jaar en ouer word vanjaar is, en vir die eerste keer aan die plaaslike regeringsverkiesing mag deelneem.

Tydens dié besoeke word jongmense ingelig oor die verkiesingsproses, waarom die jeug se stemreg belangrik is en hoe hulle as kiesers kan registreer. Die plaaslike regeringsverkiesing vind op 4 November 2026 plaas.

Volgens organiseerders, beoog hulle om dié jongklomp bewus te maak van die groot verantwoordelikhede wat op hul skouers lê, as toekomstige stemgeregtigdes.

Die inisiatief sal tot 19 Mei duur en by verskeie skole in die area besoek om só serker te wees dat ons omgewing se jeug, ingelig en gereed is vir stem-tyd in Suid-Afrika.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button