News

“Middies” nié gesluit – Oos-Kaapse kennisgewing het dorp op hol

Middelburg het vanoggend behoorlik gegons oor “Hoërskool Middelburg” sy deure sluit.

Middelburg het vanoggend behoorlik gegons toe inwoners wakker word met boodskappe dat “Hoërskool Middelburg” sy deure sluit.

Sosiale media-groepe is vroegdag oorval met vrae van bekommerde ouers, oudleerders en inwoners oor “Middies”.

In die storm van die kennisgewing is een belangrike feit misgekyk. Dié kennisgewing verwys nié na Hoërskool Middelburg, in Mpumalanga nie, maar na die skool se naamgenoot in die Oos-Kaap.

Die dringende kennisgewing, wat wyd versprei word, meld dat Hoërskool Middelburg in die Oos-Kaap vanaf Maandag, 18 Mei tot verdere kennisgewing gesluit sal wees.

Volgens die skool, is die besluit geneem weens ernstige finansiële druk rakende onderwysers se salarisse. Die beheerliggaam beweer die skool moes sedert 2025 meer as R700 000 uit eie fondse betaal om salarisse te dek.

Te midde van die verwarring het Hoërskool Middelburg in Mpumalanga vanoggend ook ’n boodskap van ondersteuning aan hul naamgenoot in die Oos-Kaap gedeel.

In die plasing sê die skool hul harte gaan uit na elke leerder, ouer en personeellid wat deur die situasie geraak word, met die hoop dat sake binnekort weer na normaal sal terugkeer. “Middies in Mpumalanga dink aan julle,” lui die boodskap.

Middelburg, Mpumalanga se Middies het sterkte aan die skool gewens. Foto: Verskaf.

Die herrie bewys net weer hoe vinnig inligting, en soms misverstande, op sosiale media versprei, veral wanneer ’n naam gedeel word.

Vir nou kan ouers en leerders in Middelburg, Mpumalanga egter diep asemhaal en gerus wees, Middies se skoolklok sal soos altyd, Maandag lui.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button