Alle oë gaan nie vandag op Trump wees nie, maar Potgieter!
Vir een dag kan die wêreld vergeet van oorloë en die straat van Hormuz en eerder kyk hoe hormuz ’n jong Suid-Afrikaanse gholfspeler ’n gholfbal dat hy klein word.
As jong seun het Aldrich Potgieter by die Middelburg Buiteklub opgedaag vir gholflesse.
Sy destydse afriger, Alra van den Berg (Bekker), het gesê sy kan Potgieter eintlik niks leer nie, want hy het alles wat ’n goeie gholfspeler nodig het.
Sy ontsaglike talent was toe al duidelik.
Nou het hy by die PGA kampioenskappe daardie talent uitgestal, deur een van die vroeë voorlopers te wees op ’n -3.
Daar wag nog drie dae se gholf, maar die jong oud Middelburger, wat Mosselbaai sy tuiste noem, maar in Amerika gevestig is om in die PGA-reeks te speel, het ’n goeie begin gehad.
Met die eerste rondte agter hom kan hy daardie ontsaglike talent aan die wêreld wys.
Middelburg sal soos die res van Suid-Afrika die volgende paar dae voor hullle televisiestelle vasgenael wees.
- Potgieter speel vandag saam met David Puig en Denny McCarthy.
