NewsSport

Excellent blaas in Cravenweek

Skeidsregters aangewys om in verskillende weke te blaas

Na sy goeie vertoning tydens verlede jaar se Cravenweek op Middelburg gaan Excellent Mnkomo weer hierdie jaar kans kry om in die gewilde week te blaas.
Mnkomo en Giana Viljoen is albei aangewys om in die week op te tree.
Giana as televisie skeidsregter. Albei het hulle loopbaan by die Mpumalanga Skeidsregtersvereniging begin, maar blaas deesdae onder die vaandel van Limpopo en die Blou Bulle.

Giana Viljoen gaan in die Cravenweek optree. FOTO: Blou Bulle skeidsregters.

Die o/18 Cravenweek word deur Grey hoërskool in Gqeberha aangebied vanaf 5-11 Julie.
Die o/13 Cravenweek word in Bloemfontein gehou vanaf 29 Junie tot 3 Julie en die o/16 week by Kearsney College in Durban.
Giana gaan ook by die Suid-Afrikaanse universiteite week optree.

Cravenweek skeidsregters

Zoe Naude, Caleb Hibbert, Luvuyo Maceba, Excellent Mnkomo, Stiaan Marx, Charlwin Daries, Thabiso Mbatha,
Juan de Bod, Giana Viljoen.

USSA week ( 28 Junie – 4 Julie)

Franco Rosella (Italië), Max Clements (Wallis), Jonathan Lottering, Eon van Zyl, Sean Muller, Lulutho Matomela, Giana Viljoen, Dylen November.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button