NewsSport

Jy kry tarentale, dan kry jy fisante en dan Fisanti

Pumas slaggereed vir SA Beker halfeind teen die Cheetahs

Onthou die naam Fisanti, Ntsika Fisanti.
Die Pumas het sy groot kanonne gekies vir vanaand se halfeindstryd teen die Vrystaat Cheetahs in die Mbombela Stadion. Afskop om 18:00.

En daar is nie ’n kanon met groter plofkrag as Fisanti nie.
Die woelige losvoorspeler gaan een van die sleutelspelers teen die Cheetahs wees.
Nie net as individuele uitblinker nie, maar as kombinasie saam met die hardwerkende Willie Engelbrecht en Ruwald van der Merwe.

En wanneer daar van plofkrag gepraat word is dit in die middelveld.
Groot en sterk Wian van Niekerk kry kans in die beginspan en die Vrystaters sal moet bontstaan om hom te keer.
Sampie Swiegers neem weer die leisels oor as kaptein.

Sango Xamalashe kry vanaand kans om te bewys hy is reg om sy loopbaan by die Bulle voort te sit. FOTO: Verskaf.

Een van die belangrikste besluite wat Jimmy Stonehouse gemaak het was om Clinton Swart op losskakel te kies.
Toe dit rof gaan teen Boland het hy rigting gegee en ook as kaptein beïndruk.
Jy kan nie ervaring koop nie en Swart is dalk al lank in die tand, maar dit is presies wat jy nodig het wanneer daar ’n uitspeelwedstryd is.

Daar is vanaand net een kans en Swart sal weet hoe om nie net die agterlyn weg te kry nie, maar ook die span bymekaar te hou, al is Swiegers die kaptein.

Dit is so al asof die Pumas nog nie hierdie jaar werklik gekliek het nie. Gaan dit vanaand hulle aand wees om Griekwas volgende week in die eindstryd te pak?
Mens span seker die kar voor die perde om Griekwas se naam vir ’n eindstryd te noem, maar daar wag ’n groot gat in Kimberley op die Boland.

Pumas:

Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamalashe, Wian van Niekerk, Tino Swanepoel, Clinton Swart, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, Miyelani Ngobeni, Sampie Swiegers, Gustav du Rand, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Kudwai Dube, Junior Banda, Andre Goedhals, De Wet Marais, Conor van Eden, Nevaldo Fleurs, Qamani Kota.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button