News

Mid-Alarms se Arie op hartsplaas ter ruste gelê

Jou en jou gesin se veiligheid was vir Arie ‘n prioriteit.

Bekende besigheidsman, Arie Smit, is Woensdag (13 Mei) in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Duisende Middelburg inwoners het die afgelope 30-jaar op Smit staatgemaak om hulself en hul gesinne veilig te hou.

Daar sal volgende Saterdag (23 Mei) van die legende afskeid geneem word.

“Smit was altyd daar as daar op sy nommer gedruk is.” vertel vennoot, Wessels.

Hy en Andre Wessels was vennote in Mid-Alarms, wat op 1 Augustus 1997 homself as Middelburg se grootste sekuriteitsverskaffer gevestig het.

Arie Smit op die gholfbaan waar hy baie van sy vrye tyd spandeer het. Foto: Verskaf.

Dié 30-jaar band was nie net besigheid nie, maar ’n broederskap wat ontstaan het toe Smit en Wessels besluit het om hul eie besighede saam te snoer.

Wessels sê, “Die besigheid staan so sterk as toe hy begin is, te danke aan Smit se bydraes oor die jare.”

Wessels onthou veral hoe Smit hom altyd gemotiveerd gehou het met ‘kop af, vorentoe broer.’

Smit was reeds in April by Life Midmed ingeboek, vir ’n operasie.

Arie Smit en sy lewensmaat Annelize in ligte luim. Foto Verskaf.

Dinge het goed verloop in die teater, maar komplikasies het ingetree.

Smit laat sy moeder Lilly, broer Wynand, lewensmaat Annelize, sy twee kinders George en Kayla-May, en ‘n kleindogter agter.

Hy sal volgende Saterdag op sy plaas in die Kruisrivier-omgewing ter ruste gelê word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button