News

Bring daai beker huis toe

Dissipline kan in eindstryd die wenner bepaal.

Een vir jou een vir my?

Nee, bring daai beker huis toe!

Die eerste jaar van die SA Beker kompetisie was Griekwas die wenners, verlede jaar was dit die Pumas.

Daar kan seker geredeneer word dit is nou weer Griekwas se beurt.

Maar Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp, die Puma afrigters, is nie manne vir gunsies nie.

Hulle wil daai beker huis toe bring.

Verwag vuurwerke wanneer die kragmeting moreaand (22 Mei 2026) om 18:30 in Kimberley afskop.

Moenie te veel lees in Griekwas se oorwinning vroeër die seisoen oor die Pumas nie.

In ’n eindstryd is die vraestel splinternuut, geskryf op ’n skoon blaadjie.

Dissipline kan uiteindelik die wenner bepaal.

Geel kaarte, ’n rooie, strafskoppe en jy is op die agtervoet.

Met Griekwas wat dodelik is met hulle rolmaarbewegings wil die Pumas nie vir George Whitehead kans gee om die bal naby hulle doellyn uit te skop en dan moet hulle keer vir al wat hulle werd is.

Stonehouse het by sy beproefde span gehou vir die eindstryd.

Pumas:

Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamlashe (Onder kaptein), Wian van Niekerk, Tino Swanepoel, Clinton Swart, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers (Kaptein), Gustav du Rand, Kudzwai Dube. Plaasvervangers: Jan-Hendrik Campher, Etienne Janeke, Junior Banda, Miyelani Ngobeni, De Wet Marais, Conor van Eden, Nevaldo Fleurs, Qamani Kota.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button