InternationalNewsSport

Karate in skole aangebied

Elke seuntjie het ’n plakkaat van Frik du Preez en Bruce Lee teen sy muur gehad.

Hier in die sewentigerjare het seuntjies twee plakkate op hulle kamermure  gehad, een van Frik du Preez en een van Bruce Lee.

Bruce Lee met vier krapmerke oor sy six pack.

Na Lee se suksesvolle flieks het almal geglo elkeen wat soos hy lyk, is vrot  van die karate. Anders as wat die mense gedink het is hy in Amerika gebore en het in Hong Kong groot geword.

Vandag is karate steeds groot in Japan en is selfs deel van skole se leerplan.

Plaaslike karateka en sesde dan, Josef van Eeden, het eerstehands beleef hoe groot die sport daar is.

Hyself is nie ’n Bruce Lee aanhanger nie, maar het as lid  van die Afrika span vanaf 4 tot 5 Mei 2026 in Yokohama deelgeneem aan die IJKA Continental Cup.

Josef van Eeden in Japan. Foto: Verskaf.

Daar was karateka van Japan, Skotland, Ierland, Italië, Bulgarye, Denemarke, Rusland, Sri Lanka, Indië, Australië, en Suid-Afrika.

“Ons het vir  twee dae ’n internasionale seminaar bygewoon, wat deur IJKA Japan aangebied is en gelei is deur sensei Utsumi Takato, die internasionale hoof instrukteur wat bekwaam bygestaan deur verskeie Japanese instrukteurs,” vertel hy opgewonde.

Hy was die volgende dag ’n skeidsregter by die IJKA Japan Cup, junior kampioenskap vir Japanese karateka.

Daarna het hy deelgeneem aan die IJKA Continental Cup wat by die Yokohama Budokan aangebied is en ’n derde plek behaal met veterane kata.

In die tweede rondte het hy uitgeval met veterane kumite.

“Beide my gevegte was teen Japanese teenstanders, wat van hoogstaande kwaliteit was.”

Hy is ook opgeneem in ’n gekombineerde mans ope span, saam met Ian Zimba van Suid Afrika en John Georgas van Australië.

“Ons het vir die derde plek teen Japan geveg, maar ongelukkig verloor.”

Na die kompetisie is hulle vir twee dae deur IJKA Japan op ’n kulturele blootstellingstoer geneem.

Deelnemers aan die IJKA  Continental Cup. Foto: Verskaf.

“Ons het ’n kleuterskool besoek, waar daar aan ons gewys is hoe karate as deel van die skoolprogram aangebied word. Ons is die aand daarna getrakteer, by ‘n eg-Japanese restaurant, met Japanese kos, wat bedien is deur ons gasheer instrukteurs. Die volgende dag is ons na Engami tempel en het ook die historiese dorp Kamakura besoek, wat vir lank die hoofstad van Japan was. Aandete is op ‘n boot in Yokohama hawe geniet en afskeid geneem van mekaar. Nuwe vriendskappe is gevorm en ou vriendskappe is versterk.”

Van Eeden het ’n klub, Fudoshin Karate Klub, wat geleë is op die hoek van Hoop- en Walter Sisulustrate op die perseel van Crumml Restaurant.

Belangstellendes kan hom kontak by 083 6543 562.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button