High SchoolNewsSchoolsSport

Mpumalanga het dalk twee spanne tussen top skole

Boksburg het nie verniet vir Gerrie Coetzee en Mike Schutte opgelewer nie

Die bekerafdeling van die Noordvaal Virsekerbeker is besig om na ’n hoogtepunt op te bou, met Hoërskool Middelburg wat goed geplaas is op die punteleer.
Middies het twee minder wedstryde gespeel, as die ander spanne en behoort sy plek binne die volgende maand te “Virseker” om volgende jaar weer in die bekerafdeling te speel.

Dit is waar dit interesssant raak want Hoërskool Nelspruit is die top span in die plaatafdeling.
Indien hy sy segetog voortsit, kan Mpumalanga volgende jaar twee spanne in die top afdeling van die Virsekerbeker hê.

Tans vierde in die plaatafdeling

HTS Middelburg met al sy beserings is tans vierde in die plaatafdeling en sy kanse lyk nie goed om na die bekerafdeling op te skuif nie.
Hoërskool Middelburg speel tuis teen die twee top spanne in die bekerafdeling, Garsfontein (1 Augustus) wat tans een van die beste skolespanne in die land is en Monument (25 Julie) wat ’n gedaanteverwisseling ondergaan het, met Springbok voorry, Jannie du Plessis, as hulle afrigter.
Middies se voordeel is dat sy ouderdomspanne tans goed vaar teen die groter skole.

Nog ’n wedstryd wat saak maak is, wanneer Hoërskool Middelburg se rugbyhoof, Christiaan Gouws, teen sy ou skool, Helpmekaar op 13 Junie speel.
Middies speel Saterdag weg teen Dr EG Jansen wat nie te waffers vaar nie, maar die skool is nie verniet in Boksburg geleë nie. Hulle speel soos Boksburgers, vra maar vir HTS Middelburg wat in die kragmeting met Dr EG Jansen twee spelers hospitaal toe moes haas.
En ja, Boksburg het nie verniet die swaargewig boksers, Gerrie Coetzee en Mike Schutte, aan die wêreld gegee nie.

Wegwedstryde

Hoërskool Middelburg se laaste wegwedstryd is teen Noordheuwel op 8 Augustus.
HTS Middelburg speel eerskomende Saterdag weg teen Transvalia, 25 Julie teen Oos-Moot tuis, 1 Augustus tuis teen Zwartkop en 8 Augustus weg teen Nelspruit.

Volgens die jongste puntestand (Maandag) is Middies vierde met 11 punte na drie wedstryde, Garsfontein eerste met 24 punte na vyf wedstryde, Monument tweede na vier wedstryde met 20 punte, Waterkloof derde na vier wedstryde op 16 punte.

Nelspruit is in die plaatafdeling voor op 20 punte na vier wedstryde, Kempton Park het 17 punte na vier, Zwartkop derde na drie, HTS Middelburg vierde na vier wedstryde ook op 14 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button