“Op Boksburg is Dricus nie in die top tien nie”
Slegte naweek vir dorp se skolespanne

Dit was ’n slegte naweek vir Middelburg se voorste skool rugbyspanne.
Beide Hoërskool- en HTS Middelburg se eerstespanne het verloor.
Dit was naelskraap, maar verloor bly seker verloor.
Dr EG Jansen is nooit maklik in Boksburg nie.
Middies het met 18-11 vasgeval.
“Refs was uiters swak”
Dit is gevaarlik om tweederangse kommentaar vir die waarheid aan te bied, maar daar is volgens WhatsApp-boodskappe wat die Middelburg Observer ontvang het, ongelukkigheid met skeidsregters se optrede.
“Refs was uiters swak. Daar sal baie dringend gekyk moet word na skeidsregters met wegwedstryde. Openlike verneukery. Die o/14 A-span wen net-net, die sterk o/15 A en B-span speel gelykop. Wat ’n grap.”
Die o/16 A-span het met 28-22 gewen.
Die o/15 A-span speel met 17 elk gelykop.
In sosiale media kommentaar het ene Raymond van Eck gesê “in Boksburg maak jy nie k@k nie, want hier bly Dricus du Plessis nog buite die top tien”.
Dit is duidelik dat die Middelburg Observer ook in Boksburg gelees word. Francois Erasmus het laat waai met “wonder wat sê die Middelburg Observer nou. Praat mos ernstig k@k van Boksburg”.
HTS Middelburg
Met HTS Middelburg se beseringgeteisterde eerstes het dit nie goed gegaan nie.
Die span het met 21-18 teen Transvalia van Vanderbijlpark verloor.
Ander uitslae is HTS Middelburg eerste genoem:
o/14 A-span 0-36.
o/14 B-span 0-20.
o/15 A 19-17.
o/15 B 12-19.
o/16 A 32-36.
o/16 B 19-0.
Derde span 21-40.
Tweede span 10-26.
Eerste span 18-21.
Die Rooi Bulle het eerskomende naweek ’n loslootjie, terwyl Hoërskool Middelburg weg teen Helpmekaar speel.
Gelukkig kry die skole hierna ’n lang breek met die nasionale weke wat aangebied word.
