NewsSchool sportSport

Cool Luke Cullen het ys in sy are

Laerskool Middelburg het drie spanne in eindstryd.

Jou span is gelykop met 19 elk in die Mpumalanga laerskole uitspele. Daar is 20 sekondes oor in die wedstryd.

Skop jy die doelskop van die kant af oor, wen jou span en speel in die eindstryd, mis jy blaas die eindfluitjie binne sekondes en is dit gelykop teen jou aartsvyand van Ermelo JJ van der Merwe.

Foto: Tobie van den Bergh.

Kaalvoet en met al die druk op hom, het Laerskool Middelburg se Luke Cullen die moeilike doelskop deur die pale gestuur om sy span met 19-21 te laat wen.

Die Koedoekoppe het drie spanne in more se eindstryd, die o/9 span wat met 33-9 teen Nelspruit Primary gewen het, die o/10 span en die o/11 A-span wat JJ van der Merwe met 22-17 geklop het.

Die eerstespan was vir drie minute “wenners” nadat hulle die voortou geneem het met 26-25 teen teen Goedehoop maar ’n drie afgestaan het om met 26-32 te verloor.

Foto: Tobie van den Bergh.

Die Koedoekoppe se o/10 span speel om 9:20 more op die Hoërskool Middelburg A-veld teen CR Swart wat Nelspruit verrassend met 7-5 geklop het.

Die Laerskool Middelburg o/11 span speel om 11:50 teen Bergland. Om 10:10 speel die o/9 span in die eindstryd teen Nelspruit.

Nelspruit se eerstespan het Klipfontein met 34-5 geklop en speel om 14:40 in die eindstryd teen Goedehoop.

Laerskool Middelburg het drie spanne in eindstryd.

Foto: Tobie van den Bergh.

Jou span is gelykop met 19 elk in die Mpumalanga laerskole uitspele.

Daar is 20 sekondes oor in die wedstryd.

Skop jy die doelskop van die kant af oor, wen jou span en speel in die eindstryd, mis jy blaas die eindfluitjie binne sekondes en is dit gelykop teen jou aartsvyand van Ermelo JJ  van der Merwe.

Kaalvoet en met al die druk op hom, het Laerskool Middelburg se Luke Cullen die moeilike doelskop deur die pale gestuur om sy span met 19-21 te laat wen.

Foto: Tobie van den Bergh.

Die Koedoekoppe het drie spanne in more se eindstryd, die o/9 span wat met 33-9 teen Nelspruit Primary gewen het, die o/10 span en die o/11 A-span wat JJ van der Merwe met 22-17 geklop het.

Die eerstespan was vir drie minute “wenners” nadat hulle die voortou geneem het met 26-25 teen teen Goedehoop maar ’n drie afgestaan het om met 26-32 te verloor.

Die Koedoekoppe se o/10 span speel om 9:20 more op die Hoërskool Middelburg A-veld teen CR Swart wat Nelspruit verrassend met 7-3 geklop het.

Foto: Tobie van den Bergh.

Die Laerskool Middelburg o/11 span speel om 11:50 teen Bergland. Om 10:10 speel die o/9 span in die eindstryd teen Nelspruit.

Nelspruit se eerstespan het Klipfontein met 34-5 geklop en speel om 14:40 in die eindstryd teen Goedehoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button