High SchoolNewsSchoolsSport

Groot honde wag op Middies

Nelspruit gee die toon aan in plaatafdeling van Virsekerbeker

Dit was nie ’n goeie naweek vir Hoërskool Middelburg in Johannesburg nie.
Behalwe dat die eerstespan ver verloor het, het verskeie van die ander spanne naelskraap verloor.
Met die Craven- en Bokkieweke wat voorlê word die Noordvaal Virsekerbeker nou eers op ys geplaas.
Wanneer die reeks hervat gaan Middies die groot honde pak.

Eerste op die lys is Krugersdorp se Monument wat deur die Springbok voorry, Jannie du Plessis, afgerig word.
HTS Middelburg speel dieselfde naweek, 25 Julie, ook tuis teen Oos-Moot.
Nelspruit reis na Pretoria om een van die toonaangewende spanne, Zwartkop, te pak.

Op 1 Augustus besoek die top span in die bekerafdeling, Garsfontein, Hoërskool Middelburg.
HTS Middelburg speel ook tuis teen Zwartkop en Nelspruit is op sy tuisveld teen Kemptonpark in aksie.

Asof dit nie genoeg is nie, speel Middies op 8 Augustus weg teen Noordheuwel wat skielik sy vorm herwin het.
Die wedstryd om te bepaal wie is Mpumalanga se voorste span in die plaatafdeling word in die Laeveld beslis met HTS Middelburg wat na Nelspruit reis.

Middies is tans sesde op die algehele puntelys met Dr EG Jansen, Menlopark en Rustenburg onder hom.
Garsfontein en Monument is die twee voorste spanne.

Nelspruit is los voor met 25 punte in die plaatafdeling teenoor Zwartkop se 19. HTS Middelburg is vierde met 15 punte.

  • Helpmekaar se eerstes het met 52-17 teen Hoërskool Middelburg gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button