Laerskole Cravenweek begin in Bloem
’n Stukkie Van der Merwe keer terug na die Vrystaat
Muller Potgieter op slot en Nicus van der Merwe op heelagter.
Die twee Laerskool Middelburg eerstespan spelers is deel van die Puma Laerskole Cravenweekspan.
Die week skop in Bloemfontein af met die Pumas wat teen Griekwas speel.
Hulle ouboet, die Hoërskole Cravenweekspan, speel ’n week later in die nasionale week ook teen Griekwas.
Muller speel agsteman vir Middies maar is op slot gekies en Nicus, wat gewoonlik die nommer 10 trui dra, is op heelagter gekies.

Nicus se pak, Jakes, het in die 1988 laerskole Cravenweek op Potchefstroom vir Stellaland op heelagter uitgedraf.
In daardie span was ook die latere Springbok slot, Jannes Labuschagne. Hy sou later in vyf Cravenweke speel, twee laerskole en drie hoërskool Cravenweke van 1992 tot 1994. Labuschagne het op laerskool al 68 kilogram geweeg en was 1,75m lank.
Pumas
Nicus van der Merwe (Laerskool Middelburg), Dian Viljoen (Laerskool Goedehoop), nunior Moloko (Robert Carruthers), Danië Lesch (Goedehoop), Luyolo Mashifabe (Rietkuil), Tinotenda Manjengwa (JJ van der Merwe), Zian Mocke (Goedehoop), Jayden Ferreira (Goedehoop), Samkelo Twala (Ermelo), Reuben Alexander (Nelspruit), Sisekelo Mavimbela (Nelspruit Primary), Muller Pobgieter (Middelburg), Jeandré Oosthuizen (Goedehoop), Lukhanyo Nhlapo Robbert Carruthers), Simon Sikhwambane (Nelspruit Primary). Plaasvervangers: Gerber Labuschagne (Klipfontrein), Ncedokuhle Ndhlovu (Meridian), Johandré Viljoen (Goedehoop), Junior Zwane (Standerton), Thabiso Khosa (Ermelo), Uyanda Dibakoane (Krielpark), Fisokhule Mango (Ermelo English Primary).
Hoofafrigter: JD Steyn.
Assistent afrigter: Mangaliso Mgavu.
Spanbestuurder: Ian Evans.
Die o/13 Akademieweek span is
Nkazimulo Mthunywa, (Nelspruit Primary School), Bayanda Xaba (Standerton), Nico van der Westhuizen (Goedehoop), Mpile Mseko (Barberton), Thato Segabutla (Middelburg Primary), Durandt de Wet ( Nelspruit). Alex Veldman (Klipfontein), Melokuhle Zulu (Ermelo English Primary), Richter Meyer (Nelspruit), Luhan Labuschagne (Middelburg), Jandré Marx (Lydenburg), Langelihle Shoyisa (Maranatha), Christiaan Groenewald (Lydenburg), Divan van Zyl (JJ van der Merwe), Sibusiso Mthembu (JJ van der Merwe). Plaasvervangers: Jayden van Aswegen (Goedehoop), Jayden van Aarde (CR Swart), Thando Dlamini (Curro Secunda), Khayua Sema (Robert Carruthers), Lee Dlamini (Trichardt), Oratile Chuene (Nelspruit Primary School), Mceb’omuhle Mathikwane (Bergland), Kgosi Makolane (Robert Carruthers).
Die Cravenweekspan speel om 11:00 teen Griekwas en die Akademiespan teen Boland om 15:00.
Die Cravenweek word om 8:00 afgeskop deur die Griffons en Namibië.
Daarna speel die Leeus teen die Valke, SWD teen die Blou Bulle en na die openingseremonie die Haaie teen die Oostelike Provinsie, Westelike Provinsie teen die Luiperds en die dag word om 16:00 afgesluit met die Vrystaat wat Grens pak.