High SchoolNewsSchool sportSchools

Bokkieweek begin in die bosveld

Natie se varkoor gaan trots gedra word deur Suidooos-Transvaal spanne

Een van die grootste sportweke in die land begin more met die Afrikaner Volkseie Sport ((AVS)-toernooi wat op Mookgophong (Naboomspruit) aangebied word.

Die toernooi is meer bekend as die “Bokkieweek” en het as nikseggende byeenkoms afgeskop.
In 1986 het Daan Nolte, Oos-Transvaal Rugby-unie president en adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad, en wyle Boetie Malan, mede-lid van die uitvoerende bestuur van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad, uit die hoofbestuur van die raad gestap, omdat hulle nie saamgestem het dat gemengde rugbydeelname afgedwing moet word nie.

“Oom Daan” soos hy in rugbykringe bekend was, het hom beywer vir die skep van sportgeleenthede vir die Afrikanerjeug. Die eerste Springbokweek is in 1992 aangebied by Lekkerrus buite Naboomspruit, op ’n rugbyveld met populierbome as pale. Sewe o/13 rugbyspanne het aan die toernooi deelgeneem. Oud-Springbok Moaner van Heerden het as gasspreker opgetree.

Later was daar ook ’n toernooi by Kleinfontein waar verskeie Middelburgse eerstespan rugbyspelers in aksie was.
Die span was bekend as Suidoos-Transvaal met die varkoor of aronskelk as embleem.Die varkoor het ’n diep historiese en emosionele betekenis.

Die Kollege Wapen van die Onderwyskollege Pretoria gebaseer op Natie du Toit se idee en die aronskelke om die Konsentrasiekamp in Middelburg. FOTO: Onderwyskollege Pretoria Op Weg Na Honderd Jaar, 2000.

In die tydperk einde 1902 tot middel 1903 versoek mej. Alice Acutt, die Engels lektrise aan die Normaalkolle Pretoria, die studente om ’n embleem en ’n leuse vir die Kollege te ontwerp. Natie du Toit skilder op ’n tekenplaat drie aronskelke of varkore as haar voorstel vir die kollege wapen. Die voorstel word aanvaar maar die kunslektrise, Mej. SC Harding word versoek om die geskilderde aronskelke te rangskik tot die finale wapen.

Suidoos-Trasvaal se embleem. FOTO: Suidoos AVS.

Die rede vir Natie se keuse van die drie geskilderde aronskelke kom na vore in die gedenkalbum NKP 1902 tot 1977 waarin prof. CK Oberholzer vertel dat hy na Natie se dood ’n persoonlike gesprek met haar seun “TC” gevoer het. Volgens TC het sy moeder tydens die Anglo-Boereoorlog aronskelke, wat welig in die vleie tussen die kamp en die begraafplaas op Middelburg gegroei het, afgesny en dit op die grafte van afgestorwe vroue en kinders geplaas. Sy het ook van hierdie aronskelke in die tente van kampbewoners geplaas, om hulle op te beur in die onbeskryflike ellende.

Maar daar is ook nou ’n Bokkieweek span van die Laeveld.
Met die voortdurende uitbreiding is ’n mylpaal behaal met die stigting van AVS Laeveld op 21 November 2024.

Ronel Fourie, ’n bekende in die AVS-gemeenskap, is verkies as die eerste uniepresidente van AVS Laeveld. Met 20 jaar se betrokkenheid by Bokkieweek, waarvan sy die afgelope paar jaar as AVS o/19 Netbalkeurder gedien het.

Die grense van AVS Laeveld sluit Barberton, Lydenburg, Sabie, Graskop, Hazyview, Witrivier, Malelane, Komatipoort, Nelspruit en Burgersfort in.
Sportsoorte waarna uitgesien kan word tydens Bokkieweek is rugby en netbal vir o/13, o/14, O/16 en o/19. Hokkie vir dogters o/14, o/16 en o/19, asook hokkie vir seuns o/15 en o/19 word ook aangebied.
AVS Bokkieweek bestaan uit 16 unies.

Spelers kan kies tussen hul woonadres of skooladres/studie-adres om te bepaal by watter unie hulle deelneem.

AVS Bokkieweek sê dit is vir hulle belangrik om vir kinders die geleentheid te gee,
deur deel te wees van die lekkerte en samesyn tussen sport en kultuur, om hulle
sporttalent ten toon te stel, hul fisiese en geestesgesondheid te bevorder en
vaardighede op die veld sowel as buite die sportterein op te skerp.

“By AVS Bokkieweek gee ons kinders ook die geleentheid om
goeie sportmanskap te beoefen deur respek vir opponente en ook die
wedstryd self te toon.”
Suidoos se president is Johnathan Haarhoff.
Die opening is altyd ’n indrukwekkende geleentheid. Dit word vanaand (6 Julie) aangebied.

O/13 Suidoos Rugbyspan

1. Reghard Boshoff
2. Gavin Lancaster
3. Stiaan van der Poel
4. Theo Nilsen
5. Livan Faure
6. Gerber Hugo
7. Hendré Truter
8. Keagan Rautenbach
9. Jenielru Wessels
10. Armand Botha
11. GV Honeyborne
12. Hanru Nel
13. Wouter Steenkamp
14. James van der Merwe
15. MC van der Heever
16. Jason Smit
17. Liam Spires
18. Renaldo du Plessis
19. William Haviside
20. Lihan Pelser
21. Lanru Lund
22. Reuben Taljaard
23. FJ van Zyl
Afrigter: Buks van der Merwe
Hulpafrigter: WP van der Westhuizen
Spanbestuurder: Willie Botha

O/13 Netbalspan

1. Venine Smith
2. Mieke Coetzee
3. Helene Maritz
4. Riane Prinsloo
5. Carli Buitendag
6. Milienke Buitendag
7. Zelmari Maree
8. Mieke Smit
9. Alexis Breedt
10. Abigail Minie
Afrigter: Chanté French
Spanbestuurder: Simoné van Jaarsveld
Skeidsregter: Megan Victor

O/14 Hokkiespan

1. Lisa du Toit
2. Alyssa de Jager
3. Nanushka Viljoen
4. Liané Broodryk
5. Megan van Rooyen
6. Nicole Reed
7. Izé Benadie
8. McKenzie Weier
9. Mia Johnstone
10. Jemma Fourie
11. Mia de Meillon
12. Lea Labuschagne
13. Marinay Fouché
14. Marlie Redelinghuys

O/14 Rugbyspan

1. Stiaan van der Merwe
2. Hanru Vermaak
3. Franco Minnaar
4. Keegan Ogilvie
5. Estiaan Vorster
6. Corné Fondse
7. Wesley Ross
8. Xavier Oberholzer
9. Dihan Coetzee
10. Willie Steenkamp
11. Zander Botes
12. Joshua Botes
13. Dalton Smith
14. Zhandré du Plessis
15. Peter Bronkhorst
16. Armand Swanepoel
17. Luan du Preez
18. Joshua Swacina
19. Ashton Davey
20. JP Beetge
21. Peet Bothma
Afrigter: Gys Goosen
Hulpafrigter: Duncan Pieterse
Spanbestuurder: Quintin Abrie

O/14 Netbalspan

1. Hayley Fourie
2. Roxanne du Plessis
3. Stefanie van Rooyen
4. Dané Wessels
5. Midané Joubert
6. Bianca Cornelius
7. Micaela Wessels
8. Riané van Antwerpen
9. Lené Maree
10. Kaitlin Janse van Vuuren

O/16 Rugbyspan

1. Ruben Goosen
2. Nathan Myburgh
3. Dewann van der Merwe
4. Juan Krogh
5. Joshua du Toit
6. Juan Bouwer
7. Griffin Davey
8. Duan Spaumer
9. Donovan Stoop
10. Cornel Grobler
11. Lukas de Beer
12. LJ Esterhuizen
13. Mdré Tait
14. Dominique Pretorius
15. Riaan van Eeden
16. Luan van Venrooy
17. Pieter Rossouw
18. Uland Spencer
20. Elrich Gouws
22. Carlo Appelgryn
23. Rohan Pretorius
Afrigter: Albert Hanekom
Hulpafrigter: Henk Wessels
Spanbestuurder:
Divan Geyser

O/19 Rugbyspan

1. Ivan van Blerk
2. Thomas van Reede van
Oudtshoorn
3. Eduan Elmes
4. Juan Mulder
5. Ruan Louw
6. Ettiene Blignaut
7. Ruben de Klerk
8. Juwan Liebenberg
9. Dehann Volschenk
10. André Coetzee
11. Wihan van Niekerk
12. Christiaan Liebenberg
13. Skyler Thomas
14. Lance van der Merwe
15. Bertu Harmse
16. Ian Jacobs
17. Jacques Naudé
18. Ricardo Bornman
19. Dylan Smit
20. Alex Botha
21. Edrich Burger
22. Jayden Lloyd
23. Theo Herrmann
Afrigter: Juan Wessels
Hulpafrigter: Leandré Honeyborn
Spanbestuurder:
Wayne Pypers

O/16 Netbalspan

1. Kiana Visagie
2. Valerie Nel
3. Mischke Clarke
4. Janika van den Heever
5. Mariette van Dyk
6. Wijonné Conradie
7. Loezyja Jansen van Rensburg
8. Ulrike Harms
9. Megan Olivier
10. Anneke Lourens
Afrigter: Tannika van den Berg
Spanbestuurder: Daniella van Aswegen

O/19 Hokkiespan

1. Micayla Kachelhoffer
2. Lica Jordaan
3. Meghan Fondse
4. Lianca Edwards
5. Alyssa de Meillon
6. Mikhe le Grange
7. Chrismie Redelinghuys
8. Levonne du Plooy
9. Amber Clays
10. Lelani Muller
11. Leoné Clarke
12. Riani Potgieter
13. Carli Jordaan
14. Cherik Neethling
Afrigter: Sonica van den Heever
Spanbestuurder:
Hailly Brits

Seunshokkie O/15

1. Clarissa Fourie
2. Laykin de Beer
3. Suné Lessing
4. Trinity Fourie
5. Cleanté Muller
6. Mulanie van der Vleis
7. Zunica van der Merwe
8. Kaylin Saayman
9. Jessica Rossouw
10. Anerizé Verster
11. Beané Barnard
12. Dizhané Theron
13. Rohané Breytenbach
14. Antonné Beukes

O/19 Netbalspan

1. Anika Smit
2. Angeline Boshuisen
3. Hayley Havenga
4. Elzani de Vaal
5. Danielle de Villiers
6. Jaydene Breytenbach
7. Melushka Milner
8. Sumari Neethling
9. Jate Venter
10. Jordan Jelliman
Afrigter: Carina Jacobs
Spanbestuurder: Trudy Visser

Seunshokkie O/19

1. Jesse Willemse
2. Kian Kerr
3. Christiaan Jansen van Rensburg
4. Jandré Theron
5. Henco Classens
6.
7. Erik Olivier
8. Jayden Fourie
9. Christiaan Erasmus
10. Ruan Keyter
11. Ryan Briggs
12. Raymond Lategan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button