MunicipalNews

22 000+ Spoedoortredings in Junie gekiek

Munisipale statistieke toon ’n styging in die duisende spoedboetes wat in Junie vir Middelburg-motoriste uitgereik is.

As jy onlangs die flits van ’n spoedkamera in Middelburg gesien het, is jy beslis nie alleen nie.

Volgens die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit se weeklikse verkeersverslag is 22 074 TMT ICAM-spoedboetes in Junie gegenereer.

Dit dui daarop dat die munisipale spoedkameras gemiddeld 5 519 oortredings per week aanteken.

In die eerste twee weke van Junie het onderskeidelik 4 778 en 4 501 spoedoortredings opgelewer. Daarna het die getalle merkbaar gestyg, met 6 380 boetes tussen 15 en 21 Junie en 6 415 in die laaste week, wat die hoogste vir dié maand was.

Hoewel die munisipaliteit nie aandui hoeveel van die boetes uiteindelik betaal of betwis word nie, gee die statistieke ’n goeie aanduiding van hoeveel bestuurders wel op kamera vasgevang word.

Speed camera.
Foto: Verskaf/STLM.

Die TMT ICAM-stelsel monitor verkeer op verskeie paaie in die munisipale gebied en genereer spoedboetes wanneer voertuie die spoedgrens oorskry.

Met meer as 22 000 spoedoortredings wat in nét vier weke aangeteken is, word motoriste opnuut herinner dat Middelburg se spoedkameras hulle met valkoë dophou.

Aangesien brandstofpryse hemelhoog is, kan ’n swaar voet op die pedaal jou dubbel kos – eers by die pomp en later in die posbus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button