News

Dit was aand en dit was more… toe loop die uurglas leeg

Kaalvoet kaptein vandag ’n reus wat burgemeester wil word

Laerskool Middelburg het by die Mpumalanga rugby uitspele vanjaar twee kampioen spanne gehad, een wat derde geëindig het en nog een wat met ’n silwer medalje weggestap het, maar in die vroeë negentigerjare was daar ’n spannetjie wat die teenstanders behoorlik voor hom platgevee het.

Ou koerantberigte vertel die verhaal van Laerskool Middelburg se suksesvolle rugbyspan van die negentigerjare. Die hoof, mnr. Gert van Zyl en afrigter Adé Adendorff, staan by. FOTO: Verskaf.

Die span wat in 1994 o.11 was, het sedert hulle o.9 dae 47 wedstryde gespeel, 46 gewen, 1233 punte aangeteken, net 64 teen hulle, 235 drieë gedruk en 15 teen hulle.
Die spannetjie het uit kaalvoet seuns bestaan met groot drome.

Die kampioene het die Koedoekoppe se naam hoog gehou. FOTO: Verskaf.

Maar hoe vinnig vlieg die tyd net nie verby nie?

Die afrigter, Adé (Kobus) Adendorff is vandag die Mpumalanga skeidsregters hoof.
Elkeen van daardie kaalvoet seuns het intussen ’n lewenspad gestap.

Spelers soos Bosman Grobler, Stuart de Lacey Lacey, Stefan Breytenbach, Paul Steyn, Van Zyl Wait, Roan Rossouw, Lionel Pienaar, Hannes Botha, Schalk van Dyk, Paul Pirrow, Jaco Combrink, Johan Coetzee, Carlo Rheeder, Francois du Toit en Johnny da Cunha, was deel van die suksesvolle Koedoekoppe.

Laerskool Middelburg se o.11 kampioenspan saam met afrigter Adé Adendorff. FOTO: Verskaf.

Burgemeesterskandidaat

Vandag staan die kaptein van die span, Bosman Grobler, 1,98m in sy sokkies en pryk hy lewensgroot op die DA se blou bussie as burgemeesterskandidaat vir die munisipale verkiesing in November.

’n Foto wat dalk ’n voorspel was wat meer as 30 jaar later kan gebeur. ’n Jong Bosman Grobler bewonder burgemeester Piet Bezuidenhout se burgemeestersketting wat om sy nek hang met sy vrou Helen wat toekyk. Grobler mik om Middelburg se burgemeester te word as DA kandidaat. Die maatjie heel regs is Paul Pirrow. Die twee dogtertjies se name is nie bekend nie. FOTO: Verskaf.

Meer nog, daar is ’n foto in ’n ou Middelburg Observer uitgawe, waar Grobler saam met burgemeester Piet Bezuidenhout en sy vrou Helen afgeneem is. Kyk net hoe parmantig kyk die seuntjie regs op die foto na die agbare burgemeester.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button