’n Interessante naweek se Curriebeker halfeindswedtryde is op die spyskaart.
Die Leeus en Griekwas pak mekaar Sondag om 13.00 in Kimberley, terwyl die Pumas en Vrystaat Cheetahs om 15:30 in Bloemfontein slaags is.
Griekwas is die huidige Curriebeker kampioene.
Die Leeus is die enigste Verenigde Rugby kampioenskap span wat oorleef het.
Dit is duidelik dat die Johannesburgers steeds ’n aptyt het vir Curriebeker rugby, anders as die Blou Bulle, Haaie en Stormers.
Die Bulle het die beker laas in 2021 gewen, daarna was dit die Pumas se beurt, die Vrystaat Cheetahs in 2023 nadat hulle die Pumas 25-17 geklop het en die Haaie in 2025.
Die Leeus is in verlede jaar se eindstryd deur die einste Griekwas met 27-25 geskok, toe George Whitehead ’n strafdoel in die doodsnikke oorgeklits het.
Vir die Leeus is dit dus ’n wraakwedstryd en vir Griekwas belangrik om hulle titel te verdedig.
Die hare gaan waai
Jimmy Stonehouse het sy span wat die Vrystaat verlede week op Nelspruit geklop het, net so behou, met net Ruwald van der Merwe wat terug is op die plaasvervangerbank.
André Goedhals en Thabo Ndimande het as flankpaar so goed gespeel die laaste tyd, dat hulle die hoogaangeskrewe Van der Merwe en Ntsika Fisanti uit die span hou.
Ndimande se spel is veral ’n openbaring.
Na die Vrystaat se liederlike nederlaag van 52-26 verlede week teen die Pumas het daar harde woorde in die Vrystaat kamp geval en die span in pienk gaan dit nie so maklik hê nie.
Wees verseker, die rustige Sondagmiddag gaan vir Curriebeker vuurwerke sorg.
Pumas
- Jaycee Nel,
- Darren Adonis,
- Sango Xamalashe,
- Wian van Niekerk,
- Banie Britz,
- Clinton Swart,
- Thomas Bursey,
- Willie Engelbrecht (k),
- André Goedhals,
- Thabo Ndimande,
- Tiaan de Klerk,
- JJ Scheepers,
- Sampie Swiegers,
- Chyle van Zyl,
- Zukisa Sali.
Plaasvervangers
- Gustav du Rand, Etienne Janeke,
- Junior Banda,
- Stephan Krugel,
- Ruwald van der Merwe,
- Ntsika Fisanti,
- Tino Swanepoel,
- Russwill Fredericks.
