News

Momberg lê die snoeiskêr in

Die Pumas o. 21-span is sterk verander vir môre se kragmeting teen die Limpopo Blou Bulle in Mbombela.

Die Pumas o. 21-afrigter, Jacques Momberg, het die snoeiskêr behoorlik ingelê toe hy die span gekies het wat môre (12 September) op Mbombela teen die Limpopo Blou Bulle uitdraf.

Dit is ’n bykans totaal nuwe span ná die nagmerrie-vertoning teen Griekwas in Kimberley verlede week.
Die Pumas behoort egter nie te veel moeite te ondervind om die Limpopo Blou Bulle te klop nie.

Veral die vaste fasette het teen Griekwas gesukkel, met die flank Valera Breytenbach wat dié keer as haker gekies is. Hy moes teen Griekwas later noodgedwonge die bal by die lynstaan ingooi.

Min van verlede week se span het behoue gebly, terwyl die oud-HTS Middelburg-agterspeler, Gerry Gendall, ook nie in die finale groep is nie.

Nog ’n oud-Rooi Bul, Hanro Terblanche, maak sy terugkeer. Terblanche het verlede week nog vir Naka Bulle se o. 20-span teen Tukkies uitgedraf.
Afskop is om 14:00 by Nelspruit Rugbyklub.

Pumas o. 21:

Damian de Beer, Lian Jordaan, Benito Goeda, Kyle Alves, Jeand-Dre Claassen, Andeon Pringle, André Smit, Stephen Tshimanga, Hanro Terblanche, Nkateko Phakula, Amukelo Mtetwa, Valera Breytenbach, Eben van Wyk.

Plaasvervangers:

Jan de Wet, Siba Lamola, Jaden Packer, Stephan Nkosi, Sam Hadebe, Jaydan Mostert, Uyanda Fikizolo, Bayron Adams.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button